Rugby: All Blacks en Japan onderteken ooreenkoms  

Rugby: Die ondertekening van ʼn ooreenkoms van verstandhouding tussen die beheerliggame van Japan en Nieu-Seeland sal die weg baan vir gereelde wedstryde tussen spanne van Nieu-Seeland se Super-rugby en Japan se Liga Een. Die ooreenkoms is volgens berigte daarop gemik om die spel in die Asiese Stille Oseaan-streek vir mans- sowel as vrouespanne te verbeter, […]

Read More

Steinhoff-beleggers kry vergoedings-betalings  

Beleggers wat deur die rekeningkundige onreëlmatighede by Steinhoff geraak is, het vergoedings-betalings begin ontvang. Meer as 43 00 eise is by die Steinhoff Recovery-stigting ingedien, wat 25 miljard Suid-Afrikaanse rand aan eisers uitbetaal. Kleinhandel-beleggers kan uitbetalings van tussen twee en agt rand per aandeel verwag, as deel van Steinhoff se wêreldwye skikkingsvoorstel. Die beleggingshoof van […]

Read More

Padnetwerk na Walvisbaai-hawe opgradeer

Die Padfonds-administrasie, die Walvisbaai-munisipaliteit en die Pad-owerheid het vandag ‘n memorandum van ooreenkoms onderteken om die padnetwerk wat na die Walvisbaai-hawe lei, op te gradeer en uit te brei. Die administrasie het 248 miljoen Namibiese dollar oor ‘n termyn van vyf jaar toegeken en sal binne die huidige boekjaar met konstruksie begin. Die Namibiese Hawe-owerheid, […]

Read More

Nampol soek na olifantstroper in Omusati

Die Namibiese polisie in die Omusati-streek is op die spoor van ‘n bekende verdagte wat na bewering ‘n olifant in die Onamwege-nedersetting in die Ruacana-kiesafdeling gestroop het. Die verdagte word gesoek vir verskeie kriminele aanklagte. Die verdagte het die olifant sonder ‘n permit doodgeskiet met ’n 303-geweer en ammunisie waarvoor hy geen lisensie het nie. […]

Read More

Wetstoepassers reageer nie op Eskom-korrupsie  

Eskom se gewese raadsvoorsitter, Malegapuru Makgoba, glo hulle is in die steek gelaat omdat wetstoepassings-agentskappe nie op bewerings van korrupsie gereageer het nie. Hy het voor die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge verskyn na bewerings oor korrupsie deur die voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter. Makgoba het ook verwys na ‘n vrugtelose ontmoeting met […]

Read More

Israel gaan voort met lugaanvalle op Gaza-strook

Israel het vir ‘n tweede opeenvolgende dag lugaanvalle op die Gaza-strook uitgevoer. Volgens Israel is vuurpyl-lanserings-infrastruktuur van die Islamitiese Jihad militante groep geteiken. Mediese amptenare in Gaza sê minstens een persoon is dood en een is gewond. Die Israelse weermag het senior bevelvoerders van die militante groep geteiken, omdat hulle glo aanvalle teen Israel beplan […]

Read More

DA bekommerd oor hoër fases van beurtkrag

Die DA in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op Eskom en die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, om bespiegelings uit te klaar oor Suid-Afrika wat binnekort na hoër fases van beurtkrag verskuif kan word. Dit volg omdat ongeveer die helfte van die kragvoorsiener se opwekkingsvermoë onbeskikbaar is as gevolg van onklaar-rakings. Die DA-lid, Christopher Fry, […]

Read More

HAN-kongres takel tekort aan vaardighede in toerisme

Ondanks die herstel van toerisme, is die grootste uitdaging wat die Namibiese en internasionale toerismebedryf in die gesig staar, ‘n vaardigheidstekort. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië bied hul jaarlikse kongres op 15 en 16 Mei in Windhoek aan onder die tema: “Co-creation of a Tourism Training Roadmap for Namibia”. Dit sal meer as 24 verskillende opleidingsinstellings, […]

Read More

SA Inkomstediens het reuse-mislukking beleef

Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het erken die leierskap het tussen 2014 en 2019 ‘n reuse-mislukking beleef ten opsigte van bestuur en integriteit. Edward Kieswetter het tydens ‘n geleentheid by die Universiteit van die Wes-Kaap in Kaapstad gesê sake wat met staatskaping verband hou, het ‘n kultuur van vrees en intimidasie by die organisasie […]

Read More

Betogings in Pakistanse oor Khan se arrestasie

Die polisie in Pakistan het honderde ondersteuners van die voormalige Pakistanse eerste minister en krieketheld, Imran Khan, in verskeie stede in hegtenis geneem toe betogings oor sy arrestasie gewelddadig geraak het. Meer as 900 ondersteuners is in die Punjab-provinsie aangekeer toe 25 polisievoertuie en 14 regeringsgeboue aan die brand gesteek is. Die provinsiale owerheid in […]

Read More