Israel se weermag vra om verskoning vir Shireen se dood

Die legendariese Amerikaanse-Palestynse verslaggewer Shireen Abu Akleh is op 11 Mei verlede jaar deur soldate van die Israelse weermag doodgeskiet terwyl sy verslag in die besette Wesoewer gedoen het. Terwyl daar druk is op Benjamin Netanyahu se regering is om ondersoek in te stel en die skuldiges aanspreeklik te hou, word die beroepe geweier. Maar, die woordvoerder van Israel se weermag, maarskalk-admiraal Daniel Hagari het om verskoning gevra vir haar dood.