Stad Whk misluk weer, Uutoni gee tot 3 Maart

Stad Windhoek se uitdagings met eenheid duur voort. Die raad het weer gepoog om ‘n bestuurskomitee aan te stel maar, daar was nie ‘n kworum nie. Die lynminister, Erastus Uutoni het die raad tot 3 Maart gegee om sy sake in orde te bring anders sal hy moontlik stappe neem om die raad te ontbind, wat binne sy mag is. Die stad se woordvoerder, Harold Akwenye sê daar sal nog ‘n poging wees omdat die saak as dringend hanteer word.

Koalisies het reeds by talle plaaslike owerhede uitdagings ervaar en Windhoek blyk om geen uitsondering te wees nie.