
Boere, sekuriteit nou sat van veediefstal, gaan protesteer - September 2, 2024
Die gepoogde diefstal van 14 stoetbeeste Vrydagnag by plaas Omantumba in die Hochfeld-distrik by Okahandja, laat gemoedere hoog loop. Dit blyk of boere en sekuriteitsdienste nou moeg is vir veediefstalle wat net toeneem. In hierdie geval is al die beeste, ter waarde van 426 000 Namibiese dollar, teruggevind. Die verdagtes is agtervolg tot by die […]
Niks reën val nie en damme sak al laer - September 2, 2024
Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar 14,2 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Von Bach is op 12,2 persent na water van Swakoppoort, wat op 25,4 persent staan, oorgedra is. Omatako is dolleeg. In die Suide is Hardap op 8,7 persent met 624 000 kubieke meter wat […]
Groot entoesiasme oor FlySafair se nuwe Windhoek-vlugte - September 2, 2024
Die lae-koste lugredery FlySafair het aangekondig hy gaan vanaf 22 Oktober twee bykomende vlugte per week op die Kaapstad – Windhoek roete instel. FlySafair is die dominante speler in Suid-Afrika se plaaslike mark, met ‘n 60 persent markaandeel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, wat sê […]
Northam gaan eie sonkragplaas kry - September 2, 2024
Die Platinum-groep metaal- en chroomprodusent, Northam, het ʼn kragaankoop-ooreenkoms met ʼn onafhanklike kragverskaffer onderteken vir ʼn sonkragplaas van 80 megawatt by sy Zondereinde-myn in Limpopo. Die kragaanleg sal 15-persent van die groep se energiebehoeftes voorsien en ʼn buffer bied teen kragonderbrekings. Northam se uitvoerende hoof, Paul Dunne, sê hulle sal steeds uitkyk vir ander son- […]
Biden, Harris hou vergadering oor Hamas-gyselaars - September 2, 2024
President Joe Biden sal met Amerikaanse onderhandelaars vergader wat druk uitoefen vir ’n ooreenkoms om gyselaars vry te laat in die Israel-Hamas-oorlog. Dit volg na die dood van ses gevangenes in Gaza, insluitend ʼn Amerikaanse burger. Biden se amptelike skedule is hersien vir ʼn vergadering in die Withuis, wat ook bygewoon sal word deur visepresident […]
Springbokke skepties oor Wallabies-stutte se beserings in Perth - September 2, 2024
Rugby: SA Rugby het Wêreldrugby gevra om ondersoek in te stel na die beserings aan twee Wallabies-stutte wat gelei het tot onbestrede skrums vir die grootste deel van die tweede helfte van hulle Rugby-kampioenskaptoets in Perth. Angus Bell het na rustyd nie teruggekeer nie weens ‘n kopbesering-beoordeling, terwyl James Slipper ook afgehaal is na ‘n […]
Kredietverlening-onderprestasie wek kommer - September 2, 2024
Private sektor kredietverlening het in Julie matig gegroei teen 1,8 persent op ‘n jaargrondslag. Dit stem ooreen met Junie, maar is ‘n verlangsaming vanaf die 2,6 persent jaarlikse groei wat ‘n jaar gelede aangeteken is. Dit is steeds die derde hoogste groeikoers wat vanjaar waargeneem is, sê Simonis Storm in sy nuutste verslag. Die jaar-tot-datum […]
Nie manifeste, maar oortuiging sal kiesers lok - September 2, 2024
Die land het twintig geregistreerde politieke partye en nog net die PDM, die Republikeinse Party en Swanu het hul verkiesingsmanifeste vrygestel. Die Affirmative Repositioning-party het ‘n tydige vrystelling van hul manifes belowe, terwyl Swapo en die LPM na verwagting hul manifeste vandeesmaand sal vrystel. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder dr. Marius Kudumo […]
Justisieminister moet sê oor VBS Bank-bande - September 2, 2024
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Thembi Simelane, gaan voor die party se integriteitskommissie verskyn. Dit hou verband met bewerings dat sy meer as 500-duisend Suid-Afrikaanse rand ontvang het van ʼn maatskappy wat sake gedoen het met VBS Mutual Bank, en wat tot sy ineenstorting gelei het. […]
Sinner, Swiatek mik na Amerikaanse Ope-kwarteindronde - September 2, 2024
Tennis: Die wêreld se nommer-een-speler, Jannik Sinner van Italië, sit sy veldtog voort om sy eerste Amerikaanse Ope-titel in te palm wanneer hy vandag die Amerikaner Tommy Paul pak vir ‘n plek in die kwarteindronde. Sinner het hierdie seisoen die vierde ronde van elke Grand Slam-toernooi gehaal en sy eerste Grand Slam-titel, die Australiese Ope, […]