Geen borg vir beweerde polis-moordenaars - October 18, 2024

‘n Polisie-sersant van Limpopo, Rachel Kutumela, haar dogter en suster het vandag in die Streekhof in Polokwane verskyn oor beweerde versekering-verwante moorde. Kutumela staan tereg op ses aanklagte van moord en 12 van bedrog terwyl haar familielede van geldwassery aangekla word. Die owerhede beweer sy het versekeringspolisse op ʼn bedrieglike wyse op slagoffers uitgeneem en […]

Read More

Baba sterf toe boot in Engelse Kanaal sink - October 18, 2024

‘n Baba is dood nadat ‘n boot wat asielsoekers na die Verenigde Koninkryk vervoer het, in die Engelse Kanaal aan die kus van Frankryk gesink het. Altesaam 65 mense is gered ná die voorval, aan die kus van Wissant. Daar is bevind die boot was swaar gelaai met mense, met party reeds in die water […]

Read More

Verantwoordelike Motorfietsry-belofte goed vir omgewing, toerisme - October 18, 2024

Veldmotorfiets-toerisme het die afgelope paar jaar negatiewe publisiteit gekry weens klagtes dat motorfietse ongerepte wildernisgebiede en sensitiewe wildhabitatte versteur. Freshline Africa Moto Adventures en Untamed Adventures & Tours het nou die Verantwoordelike Motorfietsry-belofte onderteken, met ondersteuning van Ultimate Safaris se Conservation Travel Foundation en Tourism Supporting Conservation, of Tosco. Die belofte is saam met die […]

Read More

Landbou-unies sê werkverliese op pad weens minimumloon - October 18, 2024

Die arbeidsminister, Utoni Nujoma het bevestig dat die minimumloon op 1 Januarie 2025 in werking tree. Onder andere die landbousektor het gevra vir ‘n gefasseerde inwerkingstelling oor drie jaar, wat toegestaan is. Alle lone moet egter in kontant betaal word en rantsoen kan nie daarvoor gebruik word nie. Danie van Vuuren van die Landbou Werkgewersvereniging […]

Read More

Belasting-amnestie vorder N$4,3 miljard in, sover - October 18, 2024

NamRA se belasting-amnestieprogram eindig op 31 Oktober. Volgens NamRA kommissaris Sam Shivute het die program sedert sy bekendstelling in April verlede jaar reeds 4,3 miljard Namibiese dollar se inkomste gegenereer. Altesaam 128 060 belastingbetalers het sover aan die program deelgeneem, met die meerderheid wat reeds betalings begin het. Die amnestie bied kwytskelding op rente en […]

Read More

Nuwe Katutura-distrikshospitaal uiters belangrik - October 18, 2024

Tenders wat verband hou met die konstruksie van ‘n distrikshospitaal in Katutura is oop. Daar word gevra vir grootmaat elektriese dienste vir plaas 1024 in Havana. Bodde is ook oop vir toegangspad- en grootmaat waterdienste by dieselfde erf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van gesondheid, oor die tenders en […]

Read More

Vereniging van Uitsaaiveterane kry wyd steun - October 18, 2024

Die Vereniging van Uitsaaiveterane is amptelik in die hoofstad bekendgestel. Die vereniging gee aan van die mees ervare stemme in die uitsaaibedryf ‘n geleentheid om hulle passie verder te voer en die jonger generasie op te lei. Volgens Kolie van Coller, die stigter en sameroeper van die groep, sal hulle vroeg volgende jaar begin met […]

Read More

ATM steun AmaHlubi se koningskap-saak - October 18, 2024

Die African Transformation Movement sê hy vereenselwig hom met die Amahlubi-stam van KwaZulu-Natal terwyl die Hooggeregshof in Pretoria sy koningskap-saak gaan aanhoor. Die stam wil hê die hof met die Nhlapho-kommissie se verslag van 2010 hersien wat tradisionele leierskapsgeskille hanteer het. ATM se woordvoerder, Zam Ntshona, sê dié keerpunt is ‘n aansienlike stap in die […]

Read More

Will Zalatoris op pad na Nedbank-uitdaagtoernooi - October 18, 2024

Gholf: Die Amerikaner Will Zalatoris gaan van 5 tot 8 Desember die eerste keer aan die Nedbank-uitdaagtoernooi by Sun City deelneem. Die 28-jarige PGA-toer-kampioen sluit aan by sy landgenoot, die verdedigende kampioen, Max Homa, in die DP World-toernooi. Zalatoris moes in 2022 onttrek weens ‘n besering. Hy het vanjaar onder die voorste tien spelers geëindig […]

Read More

LPM eis antwoorde oor Ren-Form se aanstelling - October 18, 2024

Die LPM eis geskrewe antwoorde binne sewe dae van die Namibiese Verkiesingskommissie oor die aanstelling van Ren-Form om stembriewe vir die verkiesing te verskaf. Die party vra deur sy prokureurs, Weder Kauta en Hoveka, hoekom die openbare bod vir die verskaffing van stembriewe gekanselleer is en op watter gronde Ren-Form aangestel is. Die openbare bod […]

Read More