
Amupanda beledig Schlettwein oor moontlike rooilynverskuiwing - August 20, 2024
Daar is planne om die veeartseny-kordonheining, bekend as die rooilyn, verder noord te verskuif. Dit is volgens landbouminister Calle Schlettwein. Die heining beskerm die kommersiële deel van Namibië se veeproduksie teen bek-en-klouseer. Reaksie is ontvang van die leier van die Regstellende Herposisionering-beweging, Job Amupanda, wat in die hof is vir die verwydering van die rooilyn. […]
Swifties die herrie in vir Trump - August 20, 2024
Die voormalige president Donald Trump het aanhangers van Taylor Swift die herrie in nadat hy ‘n reeks foto’s op sy Truth Social-rekening geplaas het wat klaarblyklik toon dat Swift hom in die 2024-verkiesing steun. Verskeie foto’s is duidelik deur kunsmatige intelligensie geskep, waaronder een van Swift met ‘n Uncle Sam-uitrusting langs die slagspreuk “Taylor wants […]
Beroep om kalm te bly te midde van fopnuus oor M-pokke - August 20, 2024
Verskeie berigte in die media asook plasings op sosiale media doen die rondtes oor M-pokke, wat paniek saai onder die publiek. Die nuutste was ‘n plasing wat valslik onder die naam van die Engelse dagblad The Namibian geplaas is. Die plasing sê dat 110 gevalle van M-pokke in Namibië gerapporteer is. Die gesondheidministerie se woordvoerder, […]
‘As jy EFF wil verlaat, sê so’ - August 20, 2024
Die voormalige sekretaris-generaal van die EFF, Godrich Gardee, versoek lede wat dit oorweeg om die party te verlaat, om dit openbaar te maak indien hulle deur ‘n ander party gewerf word. Dit volg na die bedanking van die voormalige adjunkpresident van die EFF, Floyd Shivambu, wat by die MK-party aangesluit het. Volgens Gardee is stilswye […]
Oekraïne verwoes derde brug oor Seym-rivier - August 20, 2024
Oekraïnse magte het die derde en laaste brug oor die Seym-rivier in Rusland se Koersk-streek getref. Die brûe is ‘n belangrike deel van die streek se padnetwerk en hulle verwoesting of beskadiging kan logistiek vir Rusland aansienlik bemoeilik. ‘n Sleutel pro-oorlog Russiese blog-skrywer Yuriy Podolyaka sê Russiese magte in die gebied moet nou staatmaak op […]
Britse Bill Gates en sy dogter, 18, vermis in seiljagramp - August 20, 2024
Die Britse tegnologie-entrepreneur Mike Lynch, wat as die “Britse Bill Gates” bekendstaan, is onder die ses mense wat vermis word nadat ‘n superjag aan die kus van Sisilië gesink het. Die Bayesian, ‘n 56-meter seilboot, het 22 mense vervoer en naby die hawe van Porticello geanker toe dit in die vroeë oggendure Maandag deur ‘n […]
Nudo verwerp legitimiteit van ‘tussentydse komitee’ - August 19, 2024
Die leierskap van die Nasionale Eenheid Demokratiese Organisasie, Nudo, onder leiding van president Ester Muinjangue, het die onlangse aankondiging verwerp van ‘n tussentydse komitee wat glo aangestel is om toesig te hou oor die party se bedrywighede en die 2024 Nudo-kongres te organiseer. Die komitee is aan die media voorgehou as verantwoordelik vir die bestuur […]
Organisasie soek strenger optrede in geslagsgeweldsake - August 19, 2024
Die Organisasie vir die Ontwikkeling van Landelike en Plaaswerkers vra strenger maatreëls in geslagsgeweldsake na die inhegtenisneming van ‘n 17-jarige seun in verband met die moord op ‘n skoolmeisie van Caledon, Deveney Nel. Die 16-jarige is doodgesteek en haar liggaam in ‘n pakkamer by die Hoërskool Overberg versteek. Die tiener, volgens berigte ‘n leerder aan […]
Blinken vra Hamas, Israel om nie gesprekke te ontspoor - August 19, 2024
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, versoek Israel en Hamas om nie die onderhandelings vir ‘n skietstilstand in Gaza en vrylating van gyselaars te laat ontspoor nie. Volgens Blinken is dit ‘n deurslaggewende oomblik − moontlik die beste, miskien die laaste – geleentheid om die gyselaars huis toe te bring en om aan […]
Springbokke steeds boaan wêreldranglys - August 19, 2024
Rugby: Die Springbokke het Ierland se aanslag afgeweer vir die boonste plek op die wêreldranglys toe hulle die Wallabies die tweede agtereenvolgende naweek geklop het. Gelykop of ‘n nederlaag sou Ierland in die eerste plek laat inskuif het, hoewel hulle nog nie gespeel het sedert verlede maand se gelykop-reeks teen die wêreldkampioen nie. Die All […]