
Wanvoeding: 800 dood, 30 200 gevalle in twee jaar - August 20, 2024
Ongeveer 800 mense het sedert 2022 aan wanvoeding gesterf in die Omaheke-streek. Daar is ook 30 219 gevalle van wanvoeding in dieselfde tydperk aangeteken. Die goewerneur Pijoo Nganate, sê tydens die 2022/2023 finansiële jaar, daar 14 774 nuwe gevalle van wanvoeding aangeteken is met 554 sterftes in daardie tyd. Verlede maand het die kantoor van […]
Gaping tussen landelike en stedelike skole moet aandag kry - August 20, 2024
Jong leiers van die Erongo-streek het die naweek hul bekommernisse en verwagtinge teenoor visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah by ‘n byeenkoms in Swakopmund uitgespreek. Adele Mkunqwana, wat die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso verteenwoordig, het die organisasie se voorspraak vir kwaliteit en bekostigbare onderwys beklemtoon. Sy het die behoefte aan billike verspreiding van hulpbronne beklemtoon, veral in skole […]
M-pokke: Gereedheid is belangrik - August 20, 2024
Die Suid-Afrikaanse viroloog Wolfgang Preiser waarsku M-pokke kan die volgende wêreldwye pandemie word. Dertien lidlande van die Afrika-Unie het tot dusver vanjaar gevalle aangemeld. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het ‘n openbare gesondheids-noodtoestand van internasionale kommer verklaar. Preiser het die dringende noodsaaklikheid beklemtoon van toegang tot entstof, diagnose en behandelings regoor Afrika, waar dié bronne skaars bly.
Rusland weier om met Oekraïne te onderhandel - August 20, 2024
Rusland sal nie met Oekraïne onderhandel nie gegewe sy inval in die Russiese Koersk-streek. Die inval het Rusland onkant betrap en is nou reeds in sy tweede week. Oekraïne het op 6 Augustus troepe oor die grens gestuur en beset steeds ‘n deel van die Koersk-gebied, ‘n aanval wat Moskou geskud het. ‘n Woordvoerder van […]
Israel het nuwe skietstilstandplan aanvaar - August 20, 2024
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, het ingestem tot ‘n Amerikaanse oorbruggingsvoorstel vir ‘n skietstilstand-ooreenkoms in Gaza. Blinken is nou op pad na Kaïro om met Hamas te vergader maar, Hamas het in ‘n verklaring gesê die voorstel is aangepas van die een wat hulle in Mei aanvaar […]
Biden spreek Demokrate in Chicago toe - August 20, 2024
Die Demokrate se konvensie het in Chicago afgeskop en president Joe Biden wat uittree het dit toegespreek. Hy het weer melding gemaak van die dreigement wat hy sê Donald Trump vir demokrasie in hou en het gepraat oor hoekom hy besluit het om vir president te staan.
Onde-18 Bokspan sien tien veranderings - August 20, 2024
SA-onder-18-afrigter James Winstanley het tien verskuiwings aangebring aan die span wat Ierland geklop het, vir vandag se Internasionale Reekskragmeting teen Engeland by die Hoër Jongenskool Paarl. Winstanley sê die veranderings is met opset gemaak sodat almal in die groep ‘n kans kry. Net twee agterspelers is behou – Akha Boqwana as heelagter en Khutadzo Rashivhaga […]
Geingos is kanselier van Rwandese universiteit - August 20, 2024
Die voormalige presidentsvrou Monica Geingos is as kanselier by Kepler College in Kigali, Rwanda, aangestel. Haar termyn het op 29 Julie begin. Dit is in ‘n verklaring van die kollege bevestig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Claude Kabengera, die kommunikasiebestuurder van Kepler College.
Voor-vonnisverrigtinge in Dippenaar-saak begin - August 20, 2024
Die voor-vonnisverrigtinge begin vandag in Swakopmund se streekhof vir Jandre Dippenaar wat op 20 Junie deur landdros Gaynor Polton skuldig bevind is op ses aanklagte van moord na ‘n grusame motorongeluk tien jaar gelede. Dippenaar het nie ‘n geldige rybewys gehad nie, toe hy trompop gebots het teen die Joschko-familie se voertuig naby Hentiesbaai in Desember […]
Goud is op, rand versterk, olie daal… en brandstof en die rentekoers? - August 20, 2024
Goud het Vrydag ‘n rekord-hoogtepunt van net minder as 2 510 Amerikaanse dollar per ons bereik. Terselfdertyd het verwagtinge van Amerikaanse rentekoersverlagings die dollar verswak, terwyl oliepryse getuimel het. Goud het Maandagaand teen 2 502,36 dollar per ons verhandel, terwyl Brent-ruolie verder gedaal het tot 77,66 dollar per vat en die Amerikaanse dollar op 17,68 […]