Ernie Els onttrek aan Die Ope weens rugbesering - July 20, 2024

Gholf: Die Suid-Afrikaanse legende Ernie Els moes weens ‘n rugbesering onttrek aan Die Ope op Royal Troon. Hy het in die eerste ronde gesukkel, en ‘n 11-oor 82 aangeteken. Els het in 2002 die Klaretbeker op Muirfield ingepalm en weer in 2012 op Royal Lytham and St Annes. Hy het vanjaar in die oor-50’s PGA […]

Read More

Toerisme-statistieke uiters bemoedigend - July 19, 2024

Die jongste toerisme-akkommodasiestatistieke van die Gasvryheidsvereniging van Namibië toon bemoedigende neigings. Verblyfgetalle vir die eerste helfte van vanjaar het dié van verlede jaar met byna 5 persent oorskry. Die syfers was byna 2 persent hoër as in 2019, gebaseer op die gemiddelde nasionale besetting oor die 6 maande tydperk. Dit dui op ‘n volle herstel […]

Read More

Cyril ‘moet hou by ekonomiese groei-beloftes’ - July 19, 2024

Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa het in sy toespraak by die parlementsopening in Kaapstad veral klem gelê op planne vir die ekonomie. Hy sê onder meer die regering van nasionale eenheid sal aksies volg wat bydra tot volhoubare, vinnige ekonomiese groei. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Jannie Rossouw van Wits se Besigheidskool gesels, wat […]

Read More

Israel beset Palestynse gebiede onwettig: Internasionale Geregshof - July 19, 2024

Die Internasionale Geregshof sê Israel se besetting van Palestynse gebiede sedert 1967 bly onwettig en die land moet sy teenwoordigheid daar beëindig. Die hof het bevind Israel se optrede is strydig met die internasionale reg, insluitend “de facto anneksasie” van besette grondgebied en ‘n oortreding van die globale verbod teen rassediskriminasie en apartheid in die […]

Read More

Bulle gereed vir kragmeting met Cheetahs - July 19, 2024

Rugby: Daar is nie enige Curriebekerwedstryde môre nie omdat die Springbokke teen Portugal in Bloemfontein te staan kom. Die Leeus is vandag die gashere vir die Griekwas in Johannesburg, die Bulle en die Cheetahs sê mekaar die stryd aan in Pretoria en die Haaie verwelkom die Pumas in Durban. Sondag speel die Griffons teen die […]

Read More

Nog net twee weke oor om te registreer, kiesers - July 19, 2024

Die Verkiesingskommissie van Namibië het waardering uitgespreek vir alle burgers wat geregistreer het, maar is bekommerd oor dalende opkoms gedurende spesifieke weke van die algemene registrasie van kiesers. Daar was egter ‘n verbetering in opkoms in die jongste verslagtydperk tussen 8 en 13 Julie, met 165 524 stemgeregtigde kiesers wat geregistreer is. Die kommissie doen […]

Read More

Vlugte na en van Namibië sover normaal - July 19, 2024

Die Namibië Lughawensmaatskappy sê dat alle geskeduleerde vlugte na plaaslike lughawens sover normaal afgeloop het. Die maatskappy verwys na die wêreldwye inligtingstegnologie-kwessie wat sommige lugrederye se aanmeldstelsels sedert vanoggend raak. Passasiers word aangeraai om in kontak te bly met hul lugdienste via webwerwe en sosiale media, vir advies en opdaterings oor spesifieke vlugte. Die Lughawensmaatskappy […]

Read More

Middelweerstandige malaria wek groot kommer - July 19, 2024

Wetenskaplikes waarsku miljoene mense se lewens is in gevaar tensy dringend opgetree word om die verspreiding van middelweerstandige malaria in Afrika stop te sit. Malaria-parasiete wat die uitwerking van die noodsaaklike middel artemisinien kan afskud, het in Oos-Afrika ‘n vastrapplek gekry. Weerstandsvlakke het in sommige gebiede binne drie jaar skerp gestyg van minder as een-persent […]

Read More

Grey-kollege hou aan om Springbokke te kweek - July 19, 2024

Rugby: Jan-Hendrik Wessels draf môre op die Vrystaat-stadion die eerste keer in ‘n Springboktrui op die veld wanneer die Springbokke vir Portugal pak. Die jong stut het in Bloemfontein grootgeword en was op Grey-kollege saam met die haker André-Hugo Venter, wat ook gereed is vir sy eerste toets, van die reserwebank af. Hulle twee is […]

Read More

Dis Namibië Kampioenskappe van die Uitvoerende Kunste die naweek! - July 19, 2024

Die Namibië Kampioenskappe van die Uitvoerende Kunste bied môre hul jaarlikse talentvertoning in die Windhoek Gimnasium skoolsaal aan. Die geleentheid begin om 17:30 en beloof ’n aand van buitengewone talent. Lomine Langley, direkteur van die Namibië Kampioenskappe van die Uitvoerende Kunste, sê daar sal 45 items in toneelspel wees, 102 in dans, 34 in instrumentaal, […]

Read More