
Brandberg Backyard Ultra is aan die brand! - August 3, 2024
Die derde Brandberg Backyard Ultra, met RMB Namibia as hoofborg, is sterk aan die gang op Uis. Deelnemers aan die laaste-mens-staande uithou-resies hardloop ‘n 6,7km sirkelroete oor en oor tot letterlik net een oorbly. Die top-agt deelnemers kwalifiseer outomaties vir die 15-persoonspan wat in die Backyard Ultra Wêreldkampioenskap vir Namibië sal deelneem in Oktober op […]
Teenkorrupsie Kommissie slaan toe by Unam - August 3, 2024
Agente van die Teenkorrupsie Kommissie het Tuyoleni Hamata, direkteur van inligting- en kommunikasietegnologie by Unam, vandeesweek gearresteer omdat hy na bewering ‘n bedrieglike transaksie georkestreer het. Die universiteit het na bewering meer as 2 miljoen Namibiese dollar vir Wi-Fi-toestelle deur ‘n derde party betaal. Die toestelle sou oorspronklik net 1 miljoen dollar direk vanaf Nsfaf […]
Afrika ‘kry 3,3 miljoen groen werksgeleenthede by teen 2030’ - August 3, 2024
‘n Nuwe verslag toon Afrika kan teen 2030 3,3-mijoen werksgeleenthede in 12 sektore skep. Die Forecasting Green Jobs in Africa-verslag deur Shortlist en FSD Africa, konsentreer op die sektor vir hernubare energie, veral sonkrag, ‘n sleutel-skepper van werk. Die meeste groei word verwag in die Demokratiese Republiek van die Kongo, Ethiopië, Kenia, Nigerië en Suid-Afrika. […]
32 sterf in militante-aanval in Mogadisjoe - August 3, 2024
Minstens 32 mense is dood en vele beseer nadat ‘n selfmoordbomaanvaller en gewapende mans ‘n gewilde strandfrontplek in die Somaliese hoofstad Mogadisjoe geteiken het. Sowat 63 mense is gewond, sommige van hulle kritiek. Plaaslike media sê die aanval is uitgevoer deur al-Shabab-militante wat groot dele van suidelike en sentrale Somalië beheer. Minstens vyf mense was […]
Beserings dwing Bok-stut Oosthuizen om uit te tree - August 3, 2024
Rugby: Die Springbok-stut, Coenie Oosthuizen, het sy uittrede aangekondig op die ouderdom van 35 weens nekbeserings wat hom deesdae las gee. Hy het sy beroepsloopbaan in 2008 by die Cheetahs begin en is agt jaar later na die Haaie, voor hy vier jaar lank vir Sale Sharks in Engeland gespeel het. Oosthuizen het verlede jaar […]
Napha reageer op ‘eensydige artikel’ oor luiperdjag - August 3, 2024
Die Namibië Professionele Jagvereniging, Napha, sê hy bly standvastig in die ondersteuning van die omgewings-ministerie in sy pogings om wildbronne te bestuur en bewaar. Dit is in reaksie op ‘n onlangse artikel, wat volgens Napha-president Axel Cramer ‘n eensydige siening van luiperdjag-praktyke in Namibië bied. Cramer sê dit is van kardinale belang om te onderskei […]
ANC verkiesingskomitee blameer minder kiesers, dienslewering vir agteruitgang - August 3, 2024
Die verkiesingskomitee van die ANC skryf die party se afname in steun toe aan die lae kieserstal, swak plaaslike dienslewering en ‘n gebrek aan aanspreekliheid. Die nasionale uitvoerende komitee het op ‘n vergadering in Ekurhuleni die faktore ondersoek en strategieë ontwikkel om die behoeftes van kiesers beter te verstaan. Die adjunksekretaris-generaal Nomvula Mokonyane sê hulle […]
Geweldadige onluste vlam weer op in Engeland - August 3, 2024
‘n Polisiekantoor is aan die brand gesteek en beamptes is met voorwerpe bestook toe ‘n betoging in Sunderland ontaard het in ‘n nag van “misdadige boewery”. Agt mense is in hegtenis geneem vir ‘n reeks oortredings, waaronder geweldadige oproer en diefstal. Die onluste het blykbaar uitgebreek in reaksie op die Southport-mesaanvalle, waarin drie jong meisies […]
Bokke kry 6 verskillende skeidsregters - August 3, 2024
Rugby: Ses verskillende skeidsregters gaan die fluitjie hanteer in die Springbokke se Rugbykampioenskap-wedstryde. Luke Pearce blaas in die openingswedstryd volgende Saterdag teen Australië, met Paul Williams van Nieu-Seeland die skeidsregter in Perth. Andrew Brace van Ierland en Matt Carley van Engeland beheer die twee agtereenvolgende toetswedstryde teen Nieu-Seeland in Johannesburg en Kaapstad. Hollie Davidson van […]
Groen Industrialisasie Bloudruk bekendgestel - August 3, 2024
Namibië begin met ‘n transformerende reis na volhoubare welvaart met die bekendstelling van sy Groen Industrialisasie Bloudruk vandag. Hierdie strategiese padkaart, geïnspireer deur president Hage Geingob se visie en die Harambee-voorspoedsplan II, het ten doel om die ekonomie te diversifiseer, die omgewing te bewaar en maatskaplike vooruitgang te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met […]