
Hartseer vir Le Clos in Parys - August 2, 2024
Olimpiese Spele: Chad le Clos van Suid-Afrika kon nie vir die halfeindronde van die 100-meter vlinderslag in Parys kwalifiseer nie. Die silwermedaljewenner in Londen in 2012 en Rio in 2016 het tweede gekom in sy uitdun, maar kon slegs die 24ste vinnigste tyd behaal terwyl net die 16 vinnigste kwalifiseerders deurdring. Sy landgenoot, Matthew Sates, […]
Oppas vir aanlyn-plasings wat emosies verwek - August 2, 2024
Aanlyn sekuriteit bly ‘n groot probleem in Namibië met kuberaanvalle wat toeneem. Die regering sê 2,7 miljoen kuberaanvalle is in 2022 gerapporteer. Volgens kundiges sal sulke aanvalle net toeneem en meer gesofistikeerd word. Een van die lokvalle wat gebruik word is phishing, waar kuberboewe voorgee om ‘n besigheid, bank of regeringsdepartement te wees, om persoonlike […]
Skenk organe, weefsel en red lewens - August 2, 2024
Die buurland se Gesondheid-departement moedig die publiek aan om organe en weefsel te skenk om iemand se lewe te red of lewensgehalte te verbeter. Na raming is meer as 2 500 mense op die aktiewe waglys vir ʼn orgaan- of weefselskenking, terwyl ander hul lewens verloor terwyl hulle wag. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, […]
Denemarke, Nederland gaan aannemings van SA stopsit - August 2, 2024
Denemarke en Nederland het planne aangekondig om tussenland kinder-aannemings met Suid-Afrika van 2025 te beëindig. Die lande sê daar is probleme met die opspoorproses van die biologiese ouers. Suid-Afrika moet nou sy binnelandse aannemingsprogram verbeter wat reeds probleme in die privaatsektor veroorsaak het. Tebogo Mabe van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, sê die verwikkeling bied […]
Perenara verlore vir All Blacks - August 2, 2024
Rugby: Skrumskakel TJ Perenara is volgende jaar verlore vir die All Blacks nadat hy ‘n kontrak van drie jaar met die Japannese klub, Black Rams Tokyo, gesluit het. Die 32-jarige het sy eerste van 81 toetse in 2014 gespeel en sedert 2012 ook 163 keer vir die Hurricanes. Hy het 327 punte aangeteken. Volgens die […]
Handelstatistiek: Niks verander nie, plaaslike vervaardiging bly laag - August 2, 2024
Suid-Afrika was in Junie soos gewoonlik Namibië se grootste invoermark, met ‘n aandeel van 35,6 persent van alle invoere, volgens die Namibië Statistieke-agentskap. In die tweede posisie was Peru met ‘n aandeel van 12,3 persent, gevolg deur China wat verantwoordelik was vir 8,1 persent van totale invoere. Duitsland met 5,7 persent en Oman met 5,6 […]
ANC sê daar’s nie wedywering in kabinet nie - August 2, 2024
Die ANC het berigte weerlê dat die DA hom oorskadu in die regering van nasionale eenheid. News24 het ‘n berig gepubliseer wat beweer sommige ANC-ministers is huiwerig om met die media te skakel en dat die suksesse van opposisie-ministers hulle onbevoeg laat lyk. Die ANC se woordvoerder, Zuko Godlimpi, sê daar is nie enige sprake […]
Hezbollah sal in dieselfde mate reageer as wat hy aangeval is - August 2, 2024
Libanon se Iran-gesteunde Hezbollah-groep het belowe dat daar ‘n korrekte reaksie sal wees op Israel se moord op sy top militêre bevelvoerder. Hezbollah se leier, Sayyed Hassan Nasrallah, het tydens die begrafnis van Fuad Shukr, wat Dinsdag in ‘n lugaanval in Beiroet dood is, gesê die oorlog teen Israel het ‘n nuwe fase betree. Minstens […]
Klimaat kan aandrywer van pandemies wees - August 2, 2024
Nuwe navorsing koppel El Niño-weerstoestande aan die verspreiding van ‘n nuwe cholera-variant. Die bevindings wat in die vaktydskrif PLOS Neglected Tropical Diseases gepubliseer is, toon dat afwykende patrone van cholera-sterftes van 1904 tot 1907, saam met buitengewone seisoenale temperature en reënvalvlakke voorgekom het, en wat met ‘n El Niño-verskynsel verband hou. Die navorser, doktor Xavier […]
Lifeline gesels oor selfmoord in Namibië - August 2, 2024
LifeLine/ChildLine Namibia wil die land se hoë selfmoordsyfer aanpak deur die manier waarop media-artikels oor selfmoord saamgestel word aan te spreek. Die organisasie gaan ‘n werkswinkel vir mediapraktisyns aanbied oor hoe om verslag te doen oor selfmoord en geestesgesondheid. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zelnadia de Waal, LifeLine/ChildLine Namibia se beradingsprogram-bestuurder, wat die jongste […]