
Nie-terugbetaalbare huurdeposito’s onwettig: Eiendomsagenteraad - August 2, 2024
Die Namibië Eiendomsagenteraad sê dit is onwettig vir verhuurders en agente om nie-terugbetaalbare deposito’s vir huureiendomme te vra. Raadsbestuurder Festus Unengu sê sulke deposito’s is onwettig in terme van die huurordonnansie. Kosmos 94.1 Nuus het met Unengu gesels, wat sê dat die eienaar ook verplig word om die deposito in ‘n beleggingsrekening te plaas sodat […]
Smokkelary in tronke skep kommer - August 2, 2024
Die Kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgale, is na ‘n klopjag by Durban Westville besorg oor smokkelary in tronke. Beamptes het beslag gelê op selfone, geld en dwelms, insluitend dagga en heroïen. Dit volg op soortgelyke onlangse klopjagte in Kaapstad en Johannesburg. Die kommissaris onderneem om uit te vind hoe gevangenes hierdie items kon bekom […]
SA se Meder in 200m individuele wisselslag halfeind - August 2, 2024
Olimpiese Spele: Rebecca Meder van Suid-Afrika is net-net deur na die halfeindronde van die 200-meter individuele wisselslag. Sy het vierde geëindig in haar uitdun, maar in die 16de vinnigste tyd klaargemaak. Die 16 vinnigste swemmers in die vyf uitdunne het vir die voorlaaste ronde gekwalifiseer wat net na nege vanaand plaasvind. Die eindronde is môreaand. […]
Bybelse beginsels in skole ‘kan help teen swak gedrag’ - August 2, 2024
Toenemende afknouery, dwelmgebruik en rassisme in skole is nie net ‘n probleem in Namibië nie, maar ook in ander lande. Die Suid-Afrikaanse Christenforum wil hê gebedsbyeenkomste en Bybelstudie moet heringestel word, want dit kan leerlinge se gedrag en moraal verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met pastoor Cas Bekker van die Agape Ministries Namibia gesels, wat […]
BDO Namibiese Ope muurbaltoernooi op pad! - August 2, 2024
Maak gereed vir die grootste Ope toernooi wat Namibië nog ooit gesien het! Die BDO Namibiese Ope muurbaltoernooi is geskeduleer vir 12 tot 16 November by Wanderers Sportklub. Dit is die tweede PSA Challenger-toer met ‘n totale pryspoel van 9 000 Amerikaanse dollar, sowat 163 950 Namibiese dollar, en sal topspelers van regoor die wêreld […]
Ru-diamant produksie neem af – hoekom? - August 2, 2024
Die De Beers-groep berig dat die produksie van ru-diamante in die tweede kwartaal van die jaar met 15 persent afgeneem het tot 6,4 miljoen karaat. Dit weerspieël hoofsaaklik die laer produksievoorligting wat in die eerste kwartaal se produksieverslag aangekondig is, in reaksie op die hoër as normale vlakke van voorraad in die middelstroom. ‘n Uitgerekte […]
Shell het twyfel oor sy olie- en gas-vondse - August 2, 2024
Shell het geen tekort aan olie en gas in sy Namibiese aflandige ontdekkings nie, maar daar is twyfel oor mobiliteit, sê Shell se uitvoerende hoof, Wael Sawan. Hy verduidelik dat die maatskappy se vondse in die Oranje-bekken geologies kompleks is en dat die maatskappy besig is om te ondersoek of olie en gas op ‘n […]
Inligting van regering ‘kan vals nuus hokslaan’ - August 2, 2024
Die inligting-ministerie benadruk die verantwoordelike gebruik van sosiale media, veral met naderende verkiesings. Terwyl sosiale media vryheid van uitdrukking ondersteun, hou dit ook risiko’s in soos fopnuus, haatspraak en verkeerde inligting. Die ministerie beklemtoon versigtigheid om polarisasie en onstabiliteit te vermy. Dit kom ná onlangse negatiewe kommentaar oor stigterspresident Sam Nujoma en oudpresident Hifikepunye Pohamba, […]
Vermeende kripto-bedrog meesterbrein kry borg - August 2, 2024
Een van die beskuldigdes in die kripto-bedrogspul saak, Haifeng Zheng, is borg van 100 000 Namibiese dollar toegestaan. Hy word na bewering beskou as die meesterbrein van ‘n sindikaat wat Amerikaners en Europeërs geteiken het met kriptobates. Die groep is op 5 Oktober verlede jaar in Klein Windhoek en Auasblick in hegtenis geneem. Sewe van […]
NotInMyName kap Zille oor ‘rasgegronde’ politiek - August 2, 2024
Die burgerregte-organisasie NotInMyName sê die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, se kritiek dat die ANC ʼn gebrek aan rigting het, is tipies van die land se rasgegronde politieke landskap. Zille het vroeër die week gesê die ANC is besig om te verkrummel en die DA moet vasstaan. Sy het bygevoeg die […]