Toerismeraad kry nuwe waarnemende uitvoerende hoof - August 3, 2024

Die Namibië Toerismeraad het Charmaine Matheus as die nuwe waarnemende uitvoerende hoof aangestel tot 31 Augustus. Matheus, wat die toerismeliggaam se bemarkingshoof is, vervang die raad se hoof van sakeontwikkeling en -bedrywighede, Bonnie Mbidzo, wat sedert Desember verlede jaar in die rol waarneem. Die raad is sonder ‘n substantiewe uitvoerende hoof sedert verlede jaar met […]

Read More

Verdagtes agter 9/11-aanvalle se pleitooreenkoms herroep - August 3, 2024

Die Amerikaanse minister van Verdediging Lloyd Austin het ‘n pleitooreenkoms herroep wat die mans wat beskuldig word van die sameswering oor die 11 September-aanvalle doodstraf sou laat vryspring. Aanklaers het Woensdag aangekondig hulle het ‘n ooreenkoms bereik met Khalid Sheikh Mohammed, Walid bin Attash en Mustafa al-Hawsawi om skuldig te pleit op aanklagte van sameswering. […]

Read More

Kolisi glo op pad terug na SA uit Frankryk - August 3, 2024

Rugby: Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, is volgens berigte op pad terug na Suid-Afrika uit Frankryk nadat die eienaar van Racing 92, Jacky Lorenzetti, in die openbaar beweer het hy is oorgewig en sy spelpeil nie na wense nie. Kolisi is na verlede jaar se Wêreldbekertoernooi na die span met ‘n jaarlikse salaris van sowat 20-miljoen […]

Read More

Copps 94.1-span hou familie in toom, help met brandende voertuig - August 3, 2024

‘n Brandende voertuig en ‘n familiegeveg het die Copps 94.1-span besig gehou in die hoofstad, en soos gewoonlik was drank betrokke. Francois Lottering was saam met die Windhoekse stadspolisie aan diens en vertel meer.

Read More

Bosluisplaagdoder-weerstand bedreig SA beesbedryf - August 3, 2024

‘n Navorser aan die Universiteit van die Vrystaat, Luther van der Mescht, waarsku Suid-Afrika se beesbedryf staan voor ‘n krisis aangesien bosluise nou weerstandig is teen plaagdoder. Van der Mescht het aan eNCA gesê dat die groeiende weerstandigheid weens swak boerderymetodes voortdurend gemonitor moet word. Van der Mescht waarsku dit kan ‘n uitwerking hê op […]

Read More

Amerika stuur nog vegvliegtuie, oorlogskepe na Midde-Ooste - August 3, 2024

Die Amerikaanse weermag sal bykomende vegvliegtuie en oorlogskepe na die Midde-Ooste ontplooi, sê die Pentagon. Dit kom terwyl Washington poog om verdediging te versterk na dreigemente van Iran en sy bondgenote Hamas en Hezbollah. Iran het beloof om te reageer na die moord op Hamas-leier Ismail Haniyeh twee dae gelede in Teheran. Die Amerikaanse verdediging-minister, […]

Read More

Bulle, Cheetahs speel gelykop in Bloem - August 3, 2024

Rugby: ‘n Strafskop in die 78ste minuut deur die Bulle-nuweling, Boeta Chamberlain, het hulle onoorwonne rekord gered en in Bloemfontein gesorg vir ‘n opwindende gelykopuitslag van 34-elk. Die twee spanne boaan die Curriebekerpunteleer het gesamentlik nege drieë gedruk, en die gelykopstryd beteken beide se veldtogte is nog aan die brand. Die drie weg-punte hou die […]

Read More

Namibia Leap Digitale Talentprogram 2024 skop af - August 2, 2024

Inligtingsminister Emma Theofelus het onlangs die Namibia Leap Digitale Talentprogram 2024 in China bekendgestel. Die program sal gesamentlik deur die ministeries van Inligting en Jeug, en Huawei Telecommunication Technologies Namibia geïmplementeer word. Die doel is om digitale vaardigheidsontwikkeling, innovasie en leierskap onder die land se jeug te bevorder. Die 2024-program sal komponente insluit soos die […]

Read More

12 Pretoria High School for Girls-leerders nie skuldig aan rassisme - August 2, 2024

Die Pretoria High School for Girls het bekendgemaak die twaalf leerders wat weens beweerde rassisme geskors is, is onskuldig bevind aan wangedrag. Die uitspraak is gelewer deur ‘n paneel van drie persone, onder die voorsitterskap van ‘n advokaat, wat die dissiplinêre verhoor oor die aangeleentheid vandeesweek gehou het. Die skool het bevestig die prefek-status van […]

Read More

Zim regering waarsku teen betogings voor SAOG-spitsberaad - August 2, 2024

Die regering van Zimbabwe waarsku teen verdere betogings nadat die polisie 18 aktiviste aangekla het van openbare wanorde. Die inhegtenisnemings het gebeur voor die spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap op 17 Augustus. Vier aktiviste is aangehou by die Harare-lughawe en 14 in Kariba terwyl hulle betoog het vir die vrylating van die opposisieleier, Jameson Timba. […]

Read More