Pas afgelope konferensie was groot sukses - August 23, 2024

Die tweede uitgawe van die Namibië Olie- en Gaskonferensie, wat sopas tot ‘n einde gekom het, het wêreldwye industrieleiers bymekaargebring om Namibië se groeiende energiesektor te verken. Met die tema “Die volgende stap na welvarende olie- en gasbedryf,” het die konferensie gefokus op geleenthede en uitdagings binne Namibië se opkomende petroleumbedryf. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Gauteng se regering neem e-tol-kameras oor - August 23, 2024

Die Gautengse regering het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap se kringtelevisienetwerk op e-tol-seinbrûe oorgeneem om misdaad te bekamp. Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, sê die tegnologie help om gesteelde voertuie op te spoor en spoed dop te hou terwyl wetstoepassingsagente die beheersentrum beman. Hy sê hierdie integrasie bevorder misdaadbestryding in die provinsie.

Read More

Ivoorkus meld M-pokke aan - August 23, 2024

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het sê Afrika se Ivoorkus het vir die eerste keer gevalle van M-pokke clade 2, die nuwe variant, aangemeld sedert die begin van die multi-land-uitbreking in 2022. Twee jaar gelede het die wêreld ‘n wêreldwye uitbreking van clade 2b M-pokke ervaar, wat gelei het tot meer as 95 000 gevalle in 115 nie-endemiese […]

Read More

Harris vra vir einde aan Gaza-oorlog - August 23, 2024

Die Amerikaanse adjunk-president, Kamala Harris, het beloof om op te staan vir Israel se reg om homself te verdedig, maar voeg by die bloedbad in Gaza is vernietigend. Sy het die Demokratiese Party se benoeming as presidentskandidaat op die laaste aand van die party se konvensie in Chicago aanvaar. Die oorlog in die Midde-Ooste was […]

Read More

Jandré kry 15 jaar vir gru-ongeluk - August 23, 2024

Die 41-jarige Jandré Dippenaar is tot 15 jaar tronkstraf in die streekshof op Swakopmund gevonnis. Hy is in Junie in die streekhof in Swakopmund skuldig bevind op ses aanklagte van moord nadat hy in Desember 2014 ‘n gru-ongeluk veroorsaak het. Dit is die eerste keer in Namibië se regsgeskiedenis. Dippenaar het sonder ‘n geldige rybewys […]

Read More

Boulter moet teregstaan op moordklag - August 23, 2024

Regter Herman Oosthuizen het die aansoek van die Britse sakeman en moord beskuldigde, Harvey Boulter, om die beslissing van die aanklaer-generaal Martha Imalwa vir sy vervolging te hersien, van die hand gewys. Hy sal dus verhoor word op ‘n moordklag. Boulter sal ook die staat se kostes moet betaal. Boulter het gemeen daar is niks […]

Read More

Studente se geestesgesondheid onder die loep - August 23, 2024

Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wil hê universiteite moet geestesgesondheidskwessies oorweeg wanneer studente vra om verskoon te word van assesserings, toetse of eksamens. Tans verskoon universiteite studente slegs as hulle ‘n doktersbrief voorlê. Dorothea Nangolo, president van Nanso, het hierdie beroep gedoen tydens die Nanso Liggaams- en Geestesgesondheidseminaar, wat by Unam se hoofkampus gehou is.

Read More

DA sê hy sal Statistieke Suid-Afrika ondervra na dataflaters in sensus - August 23, 2024

Die DA veroordeel die 2022 Sensus as ‘n nasionale skandaal en vra die inligting moet hersien word, nadat Statistieke Suid-Afrika erken het daar was ernstige dataflaters. Die nasionale woordvoerder Willie Aucamp kritiseer die sensus van 2,3 miljard Suid-Afrikaanse rand, en noem die onakkurate data ‘n bedreiging vir sosio-ekonomiese beplanning. Hy sê die DA sal môre […]

Read More

R80m se dwelms in Johannesburg gevind - August 23, 2024

Twee buitelandse burgers is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op dwelms ter waarde van 80-miljoen-rand tydens ‘n klopjag by ‘n geheime dwelmlaboratorium in Douglasdale, Johannesburg. Daar is na bewering Mandrax-tablette vervaardig. Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni sê dwelmvervaardigingstoerusting en verskeie hoëkaliber-vuurwapens is gevind. Hy sê hulle vorder met optrede teen ‘n […]

Read More

Trump looi Harris se immigrasie-beleid - August 23, 2024

Die voormalige Amerikaanse president en Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump, het sy Demokratiese teenstander, Kamala Harris, se immigrasiebeleid veroordeel en haar as ʼn mislukte grens-tsaar beskryf. Hy het die VSA-Mexiko-grens in Arizona besoek. Volgens die jongste data is die aantal onwettige immigrante wat die VSA-Mexiko-grens oorsteek, die afgelope paar maande die laagste in jare. Trump het […]

Read More