Sluipmoordaanval op opposisiepolitikus in ColombiaJune 8, 2025

‘n Colombiaanse presidensiële kandidaat weg vir sy lewe ná hy Saterdag tydens sy verkiesingsveldtog in Bogota drie keer geskiet is. Twee van die skote het die 39-jarige Miguel Uribe Turbay in die kop getref. Die polisie het ‘n man op die toneel in hegtenis geneem. Die linksgesinde regering van die land het die aanval ten sterkste veroordeel. Turbay het in Oktober aangekondig dat hy volgende jaar aan Colombia se presidensiële verkiesing gaan deelneem.