
EFF sê Britse onrus is xenofobiese geweld - August 6, 2024
Die EFF het die betogings in die Verenigde Koninkryk veroordeel wat vroeër bestempel is as xenofobiese geweld en wit bevoorregting. Byna 400 mense is gearresteer na dae lange betogings nadat drie kinders verlede week in Southport vermoor is. Verregse groepe het hotelle waarin asielsoekers bly aan die brand gesteek. Eerste minister Keir Starmer veroordeel die […]
WGO het kommer oor m-pokke in Afrika - August 6, 2024
Die Wêreldgesondheidsorganisasie oorweeg ‘n kennerskomitee om te bepaal of die toename in gevalle van m-pokke in Afrika tot ‘n internasionale noodtoestand verklaar moet word. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Ghebreyesus, het die plan aangekondig na ‘n vlaag gevalle in die Demokratiese Republiek die Kongo en nabygeleë lande. Suid-Afrika het ook nog twee gevalle in […]
Midde-Ooste: Beskerming van burgerlikes moet prioriteit wees - August 6, 2024
Die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte, Volker Türk, het sy kommer uitgespreek oor die gevaar dat konflik in die Midde-Ooste kan uitbrei. Iran het beloof om wraak te neem op Israel na die sluipmoord verlede week in Teheran op die Hamas-leier, Ismail Haniyeh. Teheran en Hamas beskuldig Israel van die sluipmoord, maar Israel het […]
Twee sterf in busongeluk - August 6, 2024
Meer inligting is bekend oor die busongeluk vanoggend. Volgens die Otjozondjupa-polisie se woordvoerder senior-inspekteur Maureen Mbeha het die ongeluk sowat 57 kilometer noord van Otjiwarongo plaasgevind. Twee mense is dood nadat ‘n Intercape-bus en ‘n Iveco-minibus van voor gebots het. Mbeha sê die Intercape-bus, wat 59 passasiers gehad het, het op sy sy geval en […]
Ombud gesels oor simposium - August 6, 2024
Namibië het deelgeneem aan die tweede Internasionale Ombudsman Expo 2024, wat deur die regering deur die kantoor van die Ombudsman van 29 Julie tot 2 Augustus in Gaborone aangebied is. Die geleentheid het meer as 500 Ombud-kantore, menseregte-liggame en bestuursinstellings van meer as 100 lande byeengebring. Kritieke kwessies is bespreek soos menseregte, omgewingsbeskerming, teenkorrupsiemaatreëls en […]
ANC sê ongelykheid kan lei tot onstabiliteit - August 6, 2024
Die ANC sê die groeiende ekonomiese ongelykheid en verergerde inkomsteverspreiding is groot bronne van kommer wat tot maatskaplike onstabiliteit kan lei. Waarnemende woordvoerder, Zuko Godlimpi, het op die tweede dag van die nasionale uitvoerende komitee se lekgotla in Boksburg aan die media gesê die ekonomie moet dringend herleef om die geloofwaardigheid van die demokratiese orde […]
Google bedryf ‘monopolie’ - August 6, 2024
‘n Federale regter het beslis Google het Amerikaanse teen-mededingingswetgewing oortree deur sy monopolie op aanlyn-soektogte en verwante advertensies. Die Departement van Justisie het die maatskappy in 2020 gedagvaar oor sy beheer oor sowat 90-persent van die aanlynsoektogmark. Regter Amit Mehta sê Google se dominante posisie het tot teen-mededingende optrede gelei wat moet end kry. Die […]
Stad Windhoek se boeke vertoon beter - August 6, 2024
Stad Windhoek sê sy skuld het met 244 miljoen Namibiese dollar afgeneem. Dit is vervat in ‘n ongeouditeerde raadsverslag. Slegte skuld het ook gedaal as gevolg van beter invordering maar, dienskoste het met 300 miljoen dollar gestyg en die debiteuresaldo’s het rondom 1,2 miljard dollar gestabiliseer. Maar die Stad erken dat ten spyte van die […]
DA eis optrede met Gauteng se skoolvoeding - August 6, 2024
Die DA moedig die Departement van Onderwys in Gauteng aan om op te tree oor ‘n krisis in die skoolvoedingskema. Die party sê die probleme het ontstaan weens ‘n bestrede 1 miljard Suid-Afrikaanse rand tender weens onbehoorlike verkrygingsprosesse. Hulle eis onmiddelike optrede om seker te maak leerders kry voedsame maaltye wat noodsaaklik is vir hulle […]
VN se Türk het kommer oor Midde-Ooste - August 6, 2024
Die Verenigde Nasies se hoёkommissaris vir Menseregte, Volker Türk, vra ‘n dringende afname in vyandighede in die Midde-Ooste weens vrese dat die oorlog in Gaza kan versprei. Hy is diep besorg oor die toenemende gevaar dat die konflik kan vergroot en versoek alle partye, ook dié met invloed, om dringend ‘n baie netelige situasie te […]