Drie onverwagte spelers in Amerikaanse Ope-halfeindronde - September 6, 2024

Tennis: Drie onverwagte spelers het deurgedring na die halfeindronde van die Amerikaanse Ope. Daar sal die eerste keer in 18 jaar ‘n Amerikaner in die eindstryd in New York wees, met die 12de gekeurde Taylor Fritz wat sy 20ste gekeurde landgenoot, Frances Tiafoe, die stryd aansê. Die 25ste gekeurde Brit Jack Draper het ook verras […]

Read More

Kreatiewe bedryf se plek in nasiebou erken - September 6, 2024

Die eerste Namibiese Kunste-beraad ooit is aan die gang by die Nasionale Teater van Namibië. Die beraad is daarop gemik om kreatiewes en entrepreneurs in werkswinkels bymekaar te bring om hul vaardighede en kundigheid te verbeter. Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het in die hooftoespraak die belang van die kreatiewe bedryf in nasiebou erken. Sy beklemtoon die […]

Read More

AfCFTA lê braak vir klein- en middelgrootte ondernemings - September 6, 2024

Die handelministerie, in samewerking met die VN se Ontwikkelingsprogram vir Namibië en die Namibië Handelsforum, bied ‘n vyf dae lange kapasiteitsbou-werkswinkel in Swakopmund aan. Die werkswinkel is ontwerp vir lede van die Nasionale Implementeringskomitee en die private sektor om hul kapasiteit rakende die Afrika Kontinentale Vryhandelsooreenkoms, AfCFTA, te verbeter. Dit is die grootste vryhandelsgebied wêreldwyd […]

Read More

SAOG bespreek M-pokke planne, Namibië veilig - September 6, 2024

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se gesondheidministers het ‘n virtuele vergadering gehou om die status van M-pokke in die streek te bespreek. Die vergadering was om die epidemiologiese vooruitsigte van M-pokke te evalueer en die impak daarvan op openbare gesondheid oor lidlande heen te evalueer. Die uitvoerende direkteur van die gesondheidministerie, Ben Nangombe, gee meer inligting.

Read More

Aandelebeurs wys laagste verhandelingsvolume sedert 2012 - September 6, 2024

Die Namibiese Aandelebeurs het sy laagste jaar-tot-datum verhandelingsvolume sedert 2012 aangeteken, met ‘n totaal van 4,2 miljard Namibiese dollar wat gedurende die eerste agt maande van 2024 oor beide plaaslike en dubbelgenoteerde aandele verhandel is. Volgens data van Cirrus dui dit op ‘n aansienlike verlangsaming in markaktiwiteit, wat 2024 onder die stadigste handelsjare in die […]

Read More

Mosiehof klein, maar bedrae hoog - September 6, 2024

Die mosiehof-rol was nie groot nie met 83 aansoeke om verstekvonnisse waarvan 11 op die reël 108-rol was, maar die bedrae is baie hoog. Banke het 47 aansoeke gebring tydens die sessies, wat deur regters Beatrix de Jager en Esi Schimming-Chase hanteer is. ‘n Totaal van 23 eiendomme met uitstaande skuld van 19,5 miljoen Namibiese […]

Read More

Venaani uit hospitaal ontslaan, vorder goed - September 6, 2024

Die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, is onlangs in die hospitaal opgeneem weens ernstige griepsimptome. Hy is egter nou ontslaan en sterk tuis aan. Volgens die PDM se presidensiële woordvoerder, Roberto Dirkse, is Venaani in ‘n goeie luim en sal na verwagting ten volle herstel. Hy sal binnekort sy pligte hervat. Venaani […]

Read More

Polisie moet skiet om te oorleef: Mashatile - September 6, 2024

Suid-Afrika se adjunkpresident Paul Mashatile sê alhoewel die polisie opgelei word om te beskerm, moet hulle hulself in geweldsituasies kan verdedig. Hy het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord. Daar was veral in KwaZulu-Natal ʼn skerp toename in voorvalle waar die polisie verdagtes doodgeskiet het. Mashatile sê die regering hersien wetgewing om seker te maak […]

Read More

China ontruim 400 000 voor super-tifoon Yagi - September 6, 2024

China het sowat 400 000 mense ontruim voor een van die jaar se kragtigste storms die land na verwagting gaan tref by die gewilde toeriste-eiland Hainan. Treine, bote en vlugte is vir ‘n tweede dag opgeskort en skole bly gesluit. Super-tifoon Yagi gaan tans gepaard met windsnelhede van tot 240-kilometer per uur. Weerkundiges sê dit […]

Read More

Namibië senior vrouespan in kwarteind by Inlyn-skaats Hokkie Wêreldkampioenskap - September 6, 2024

Namibië se senior vrouespan is deur na die kwarteindronde by die Inlyn-skaats Hokkie Wêreldkampioenskap in Italië. Hulle het in die barrage-afdeling Groot Brittanje met 4-0 geklop en Colombië 4-1 getroef om te kwalifiseer. Hulle sal Amerika takel in die kwarteindronde, met die wedstryd wat om 8-uur vanaand gespeel word.

Read More