
Max is gereed vir die naweek - August 23, 2024
Die heersende Formule Een kampioen, Max Verstappen, sê hy is nie oorgerus oor sy vooruitsig om die naweek sy tuis-wedren, die Nederlandse Grand Prix, te wen nie. Die Red Bull-renjaer met 78 punte is voor Lando Norris van McLaren in die Bestuurderskampioenskap. Sedert sy terugkeer in 2021, het Verstappen elke Nederlandse Grand Prix gewen. Die […]
Namaf pers ons af – NPPF - August 23, 2024
Die Namibië Private Praktisynsforum sê die Vereniging van Namibiese Mediese Fondse, Namaf, pers privaat praktisyns af en voeg by die registrateur van mediese fondse dit moontlik maak. Namaf het te kenne gegee dat alle privaat praktisyns die ICD-10-koderingstelsel, wat deur sommige regerings gebruik word om data oor siektes en mediese toestande te kodeer, moet gebruik […]
NIP maak planne bekend - August 23, 2024
Die inligting-ministerie was gasheer vir die Namibië Instituut vir Patologie tydens ‘n regeringsinligtingsessie. Die instituut het ‘n oorsig gegee van hul verskillende strategiese planne vir die jaar. Die instituut se uitvoerende hoof, Kapena Tjombonde, het planne aangekondig om verskeie sentrums van uitnemendheid te bou. Die eerste hiervan sal volgende jaar in Windhoek geopen word. Tjombonde […]
Zuma sê swartmense moet samehorigheid toon - August 23, 2024
Die leier van die MK-party Jacob Zuma het die belangrikheid herbevestig van samehorigheid onder swartmense in die stryd teen rasse-ongelykheid. Zuma het tydens ‘n nuuskonferensie die historiese en voorslepende stryd van swartmense uitgelig en beklemtoon eenheid is noodsaaklik om sistemiese onderdrukking te oorkom. Hy sê die MK-party is verbind tot swart bevryding en pleit vir […]
‘n Vyfde van Swede se breinbere word gejag - August 23, 2024
Ongeveer een-vyfde van Swede se bruinbeerbevolking word in ‘n jaarlikse jagtog geteiken ten spyte van besware deur bewaringsgesindes. Nagenoeg twee-duisend-450 van die diere dwaal op die platteland rond ten spyte van meer jagters met lisensies en 486 lisensies wat hierdie seisoen uitgereik is. Volgens CNN het bruinbere in die vroeë 1900s feitlik uitgesterf maar streng […]
Toerisme het kommer oor M-pokke - August 23, 2024
Vanjaar se toerisme-piekseisoen het sterk prestasie getoon, met 49 534 passasiersaankomste wat in Julie aangeteken is, die hoogste sedert Oktober 2023, hoewel steeds onder 2019-vlakke. Volgens Simonis Storm se gasvryheidstatistieke-verslag was die nasionale besettingsyfer in Julie 59,7 persent, wat effens laer was as in Julie verlede jaar, maar soortgelyk aan Julie 2019. Kosmos 94.1 Nuus […]
Jandre hoor vandag oor vonnis - August 23, 2024
Vonnisoplegging word vandag verwag in ‘n geskiedkundige hofsaak. Die 31-jarige Jandré Dippenaar is in Junie in die streekhof in Swakopmund skuldig bevind op ses aanklagte van moord nadat hy in Desember 2014 ‘n gru-ongeluk veroorsaak het. Dit is die eerste keer dat iemand in Namibië skuldig bevind word aan moord na ‘n motorongeluk. Dippenaar het […]
Rusland gebruik goud vir betalings, vraag styg, prys ook - August 23, 2024
Die prys van goud het gestyg weens verwagtinge dat Amerika rentekoerse gaan verlaag en verhoogde goudaankope deur sentrale banke, veral in China en Rusland. Die goudprys het sedert Maart met 20 persent gestyg en nuwe hoogtes bereik te midde van globale ekonomiese verskuiwings. Volgens ekonoom Dawie Roodt gebruik Rusland as gevolg van sanksies goud vir […]
Swapo blyk om bang te wees vir kongres-hofsaak - August 23, 2024
Swapo het by ‘n perskonferensie hom by monde van prokureur Sisa Namandje uitgespreek oor die hofsaak waarin vyf lede die party hof toe vat oor die spesiale kongres wat nie gehou is na Hage Geingob se dood nie. Namandje het onder andere gesê die saak het niks te doen met die wettigheid van Netumbo Nandi-Ndaitwah […]
Harris spreek Demokrate toe op laaste dag van konvensie - August 23, 2024
Kamala Harris het haar langverwagte toespraak by die afsluiting van die Demokrate se konvensie in Chicago gelewer. Sy het amptelik die geskiedkundige nominasie as presidentskandidaat aanvaar. Sy het verskeie kwessies aangespreek, onder andere, reproduktiewe regte. Sy ook gepraat oor Donald Trump se immigrasie-kwessie.