
KZN-owerhede sukkel met 1 500 onopgeëiste lyke - September 26, 2024
Die Umgungundlovu Forensiese Patologiedienste in KwaZulu-Natal het ernstige probleme met higiëne met meer as 1 500 onopgeëiste liggame wat begrawe moet word. Volgens die vakbond Nehawu veroorsaak stukkende yskaste en swak sanitêre toestande vlieg- en maaierbesmettings. Daarbenewens verhinder vertragings met DNS-verwerkings en samewerking met die polisie dat begrafnisse betyds plaasvind. Nehawu vra onmiddellike optrede om […]
Switserse polisie arresteer verskeie mense oor selfmoord-kapsule - September 26, 2024
Switserse polisie het verskeie mense gearresteer nadat ‘n omstrede kapsule wat ontwerp is om die insittendes toe te laat om selfdood te pleeg vir die eerste keer gebruik is. Aanklaers in die noordelike kanton Schaffhausen wat grens aan Duitsland, het strafregtelike sake teen verskeie mense begin, vir die aansporing en aanmoediging van selfdood. ‘n Woordvoerder […]
Blou Bulle bied slypskool vir afrigters aan - September 26, 2024
Die Blou Bulle bied die Rugby-afrigtersimposium aan. Dit het ten doel om ‘n geleentheid te bied aan provinsiale en internasionale afrigters om hul kennis met deelnemers te deel. Die vereniging het meer as 6 500 geaffilieerde lede, wat die belangrikheid van afrigting beklemtoon om beide die spel en die lewens van individue te vorm, veral […]
Namibië word konferensie-bestemming - September 26, 2024
Namibië was hierdie jaar gasheer vir verskeie hoëprofielgeleenthede, soos die Lugvaartontwikkelingskonferensie, die Namibië Olie- en Gaskonferensie, die Afrika Versekeringsorganisasie-konferensie en die Namibië Internasionale Energiekonferensie. Die Afrika Unie se SME Forum en die Globale Afrika Waterstofberaad is mees onlangs aangebied. Volgens Bonnie Mbidzo, die waarnemende uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad, is dit te danke aan […]
Kaapstad se inwoners en besighede sal steier onder nuwe kragtariewe - September 26, 2024
Die Stad Kaapstad waarsku Eskom se voorgestelde elektrisiteitstariefverhoging van bykans 44-persent gaan ernstige gevolge hê vir inwoners en klein sakeondernemings. Burgemeester Geordin Hill-Lewis versoek die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika om hierdie verhogings te verwerp en sê dit kan lewensomstandighede verswak. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê hierdie verhoging bedreig bestaande ondersteuningsmaatreëls vir lae-inkomstehuishoudings met […]
Lugvaart mik vir groen - September 26, 2024
Die Internasionale Lugvervoervereniging het planne aangekondig om ‘n volhoubare stralerbrandstof-platform te skep wat lugrederye met stralerbrandstofvervaardigers verbind. Die vereniging beoog om teen 2050 die aanvaarding van volhoubare stralerbrandstof ‘n noodsaaklike deel van die vermindering van koolstofdioksieduitstralings te maak. Verder word daar verwag dit sal konnektiwiteit, sigbaarheid en doeltreffendheid verbeter deur beskikbare brandstofvolumes, produksiebesonderhede en uitstralingsdata […]
Prins William reis na SA vir Earthshot - September 26, 2024
Prins William kom in November na Suid-Afrika vir die vierde Earthshot-prysuitdeling in Kaapstad. Hy het hierdie inisiatief in 2020 van stapel gestuur, wat daarop gemik is om die mees innoverende oplossings vir die wêreld se grootste omgewingsuitdagings te vind. Vyftien Earthshot-finaliste is aangekondig. Dit sluit in Advanced Thermovoltaic Systems, Amazon Sacred Headwaters Alliance en die […]
Vragmotorbestuurder, Anton Gawanab, gevind - September 26, 2024
Die Namibiese vragmotorbestuurder, Anton Gawanab wat sedert Sondagmiddag vermis was is Woensdagnag in Johannesburg gevind. Hy is aangerand maar sy toestand is bestendig. Gawanab het ‘n vrag na OR Tambo Internasionale Lughawe gehad en is vermoedelik daar gekaap. Sy vragmotor, is gevind, ter elfder uur, en die sleepwa die volgende oggend.
Nust se Lüderitz-kampus strook met groenekonomie doelwitte - September 26, 2024
Nust het sy Lüderitz-kampus, ook bekend as die Technovation Park, bekend gestel. Boonop het Nust meer grond bekom vir die uitbreiding van die kampus. Browny Mutrifa, bedryfshoof van Nust, sê die grond beslaan 80 000 vierkante meter, of agt hektaar. Volgens hoër onderwys-minister Itah Kandji-Murangi, is die universiteit se uitbreiding in ooreenstemming met die land […]
Nie net onderwys nie, hele SA-regering se besteding moet hersien word - September 26, 2024
Die DA sê hy is bekommerd oor die finansiële krisis wat die onderwyssektor teister. Hy sê dit bedreig nie net kinders se toekoms nie, maar is ʼn simptoom van groter finansiële wanbestuur oral in die regering. Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het onthul die departement is opgesaal met begrotingsdruk van ʼn geraamde 79 […]