RISE sê hy het plan om hongersnood te bekamp

RISE Mzansi in die Oos-Kaap sê hy het ʼn omvattende plan om hongersnood en wanvoeding in die provinsie te hanteer. Die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Bukiwe Fanta, het onthul byna 447 000 mense in die provinsie se geld om kos te koop het verlede jaar tussen Maart en September opgeraak. Dit beteken meer as een uit vier mense was nie seker waar hul kos gaan kry nie. Pumla Ngesi van RISE Mzansi sê hulle wil voedselvermorsing deur nuwe wetgewing keer en die Nasionale Skolevoedingsprogram uitbrei: