LPM ongelukkig met hervestigingsbeleid

Die hersiene nasionale hervestigingsbeleid vir 2023 tot 2033 word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek. Dit kom na dit deur die kabinet goedgekeur is en landbouminister Calle Schlettwein aangekondig het dat dit hierdie maand in werking gestel sal word. Die parlement moet dit egter nog goedkeur. Die beleid het drie hervestigingsmodelle ingestel, waarvan die Lae Ekonomiese Waarde Model die jeug en individue met ‘n laer inkomste wil bemagtig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Duminga Ndala, die leier van die Landless People’s Movement se jeugbevel, wat sê hulle is baie krities oor die beleid.