Sonny Bill dalk sy werk kwyt oor Gaza-kommentaar

‘n Australiese radio-aanbieder wil die voormalige All Blackspeler Sonny Bill Williams afgedank hê as kommentator vir Channel 9. Dit volg op Williams se sosiale media-boodskappe oor die konflik tussen Israel en Hamas waarin hy geen geheim maak van sy steun vir Palestina nie. Ray Hadley sê hy is skaam om vir dieselfde maatskappy te werk as Williams, en glo die bestuur moet hom die trekpas gee. Hy beskryf die 38-jarige Williams as ‘n mal mens wat Gaza toe behoort te gaan en daar te bly.