Walvis kanselleer RedForce-ooreenkoms

Daar was regoor die land verskeie betogings op dorpe en die hoofstad oor die aanstelling van RedForce om munisipale skuld in te vorder. Walvisbaai is nie die betogings gespaar nie en berigte lui dat die munisipale raad Dinsdagaand tydens ‘n spesiale vergadering, ‘n mosie aanvaar het dat die ooreenkoms met RedForce onmiddellik beëindig word. Intussen word daar berig dat RedForce sê hy het sedert 2014, in die tien plaaslike owerhede waar hy aangestel is, 1 miljard Namibiese dollar in skuld ingevorder.