
Madeleine McCann-verdagte vrygespreek van onverwante seksuele aanvalle - October 8, 2024
Die verdagte in die Madeleine McCann-saak is vrygespreek van ‘n rits seksuele aanvalle in Portugal, wat nie met die vermiste Britse kleuter verband hou nie. Christian B, soos hy volgens privaatheidswetgewing bekend staan, ontken drie verkragtings en die seksuele mishandeling van twee jong meisies terwyl hy aan die Algarve-kus gewoon het. Hy is reeds minstens […]
Frankryk hervorm dissiplinêre stelsel na omstrede toer in Argentinië - October 8, 2024
Rugby: Die Franse beheerliggaam het planne bekendgemaak om sy dissiplinêre stelsel te hervorm nadat drie lede van die nasionale span hulle aan die verkeerde kant van die gereg bevind het tydens die onlangse toer deur Argentinië. Hugo Auradou en Oscar Jegou is albei op aanklagte van verswarende verkragting aangekeer en Melvyn Jaminet is huis toe […]
Brandslagoffers moet sielsondersoek doen: Nandi-Ndaitwah - October 8, 2024
Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het slagoffers van die brand in Otweya in Walvisbaai besoek. Sy het in Kuisebmond 190 kospakkies geskenk aan die 190 huishoudings wat deur Vrydag se brand geraak is. Nandi-Ndaitwah bevraagteken hoekom die brande so algemeen in Walvisbaai voorkom en sê die gemeenskappe moet sielsondersoek daaroor doen.
Moord op 6 patrolleerders verregaande, hartseer, sê Cyril - October 8, 2024
President Cyril Ramaphosa het die moord op ses gemeenskaps-patrolleerders in Qumbu in die Oos-Kaap as hartseer en verregaande beskryf. Die moord volg ʼn week na die massaslagting in Lusikisiki. Die patrolleerders was volgens berigte Sondagaand besig om gereed te maak vir diens toe onbekende, gewapende mans op hulle losgebrand het. Ses lede is dood en […]
Massa-uittog langs Florida se kus voor Orkaan Milton land - October 8, 2024
Honderde duisende mense in Florida, Amerika, maak gereed om hulle huise te ontruim voor die aankoms van Orkaan Milton. Staatsamptenare waarsku dit gaan moeiliker word om ʼn veilige plek te bereik namate mense uitstel. Orkaan Milton het oornag tot ʼn Kategorie 4 verswak, maar sal na verwagting later vandag weer ʼn Kategorie 5 word. Die […]
Dis hoekom LPM skepties is oor groenwaterstof-projek - October 8, 2024
Die glans van die veelbesproke “blink toekoms” weens groen waterstof blyk om effe te vervaag. By die bekendstelling van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se Groenwaterstof Monitor het ekonoom Robert Sherbourne gesê politici moet versigtig wees om nie werkskepping in die opkomende groenwaterstofsektor te oordryf nie. Dit is omdat die bedryf kapitaalintensief eerder as arbeidsintensief […]
Seksvoorligting in skole het komitee warm onder die kraag - October 8, 2024
Die Stop Homosexuality and Same-Sex Marriages Committee het by die onderwys-ministerie bymekaargekom en die voorsitter, Pendapala Nakathingo, het ’n petisie oorhandig. Die petisie gaan oor die groep se kommer oor die insluiting van seksvoorligting vir jong kinders in skole. Die petisie is deur ontvang deur Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur van onderwys. Nakathingo het meer.
PDM maak kandidatelys bekend, top-kandidate steeds daar - October 8, 2024
Die Popular Democratic Movement het sy kandidatelys vir die Nasionale Vergadering aangekondig na die kieskongres wat oor die naweek plaasgevind het. McHenry Venaani is steeds die president en Jennifer van den Heever die visepresident. Nico Smit bly aan in die uitvoerende kommittee as tesourier-generaal. Die bekende parlementslede Maximalliant Katjimune en Inna Hengari is ook deel […]
Beesbredie duurste in Sone 3, tamaties duurste in Khomas - October 8, 2024
Die Namibiese Statistieke-agentskap se produkte van die maand in die jongste verbruikersprysindeks is beesbredie en vars tamaties. Die ontleding van die gemiddelde kleinhandelpryse in September wys dat verbruikers in Sone 3, die suidelike streke met Erongo en Omaheke, die hoogste prys vir beesbredie per kilogram betaal het teen 96 dollar 71 sent per kilogram. In […]
Vlug met 40 witrenosters verlaat Namibië - October 8, 2024
Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die Air Atlanta Boeing 747 met 40 Namibiese witrenosters aan boord, vanaf die Hosea Kutako Internasionale Lughawe vertrek het en reeds uit Namibiese lugruim is. Die renosters gaan na drie nuwe eienaars in Texas en is verkry van Jaco Muller van Kifaru Luxury Lodge and Bush Camp. Texas is […]