Landbou en politiek moet geskei word - October 22, 2024

Die landbou-organisasie TLU SA sê hy is sterk gekant teen die wyse van hervorming in die landbousektor. Die Departement van Landbou het onlangs kriteria vir Swart Ekonomiese Bemagtiging bekendgemaak wat verlaagde tariewe vir in- en uitvoer betref, asook planne om bemagtiging verpligtend te maak. TLU SA se hoof, Bennie van Zyl, sê die rol van […]

Read More

Hamas is ‘n idee, Israel kan hom nie vernietig nie - October 22, 2024

Die bekende Brits-Palestynse skrywer Azzam Tamimi sê Israel kan nie Hamas vernietig nie en sal geen sukses behaal in sy oorlog nie. Hy sê veral die manier wat die beweging se leier Yahya Sinwar dood is, sal hom nog meer van ‘n ikoon maak. Hy het met Aljazeera gepraat.

Read More

VSA konsulteer met bondgenote oor Noord-Koreanse troepe in Rusland - October 22, 2024

Dit sal ‘n gevaarlike en uiters kommerwekkende ontwikkeling wees as Noord-Korea troepe gestuur het om Rusland in die Oekraïne te help. Dit is volgens die VSA. Robert Wood, adjunk-ambassadeur by die VN sê sy regering konsulteer met bondgenote oor die implikasies van so ‘n dramatiese stap. Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het vroeër Pyongyang daarvan beskuldig […]

Read More

Unam presteer goed met wetenskaplike navorsing - October 22, 2024

Die vise-kanselier van Unam professor Kenneth Matengu het sy jaarlikse rede oor die stand van sake by Unam op Keetmanshoop vanoggend gelewer. Hy het veral klem gelê op die wetenskaplike navorsing van die instansie en sê maatskaplike wetenskappe en mediese navorsing loop ver voor.

Read More

PDM hou voet by stuk hy gaan hof toe oor stembrief-tender - October 22, 2024

Die herrie oor Ren-Form se aanstelling om die stembriewe vir die verkiesing weier om te gaan lê. Die PDM het standpunt ingeneem en eis dat die toekenning omgekeer word of hy sal die hof nader. Intussen is die waarnemingsproses in Johannesburg ook vertraag en het steeds nie begin nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die […]

Read More

Esser Shilimela dagvaar NamRA vir bevriesing van haar bankrekenings - October 22, 2024

Die vrou van die noordelike sakeman Banda Shilimela, Esser, dagvaar NamRA in ‘n dringende aansoek voor die hof vandag. Sy eis dat die bevriesing van vier van haar rekenings by FNB onmiddellik omgekeer word. Fondse is volgens haar ook uit die rekenings onttrek wat sy ook terugeis. Die rekenings is in haar naam, haar maatskappy […]

Read More

Namibië by COP29 – minder praat en meer doen - October 22, 2024

Namibië gaan COP29 bywoon vanaf 11 tot 22 November in Baku, Azerbeidjan, na uiters goeie ondersteuning wat byna 1,8 miljoen Namibiese dollar beloop. COP29 is die 29ste sitting van die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering. Deel van die geldelike ondersteuning van Namibië se afvaardiging was ‘n miljoen dollar van die Omgewing Beleggingsfonds, Bank Windhoek […]

Read More

Harvey Weinstein het beenmurgkanker - October 22, 2024

Die omstrede Hollywood-vervaardiger, Harvey Weinstein is met chroniese beenmurgkanker gediagnoseer. Hy ondergaan behandeling in die gevangenis in Rikers-eiland in New York. Die New Yorkse Appèlhof het Weinstein se skuldigbevinding op ‘n aanklag van verkragting in 2020 omgekeer. Hy sal op 12 November herverhoor word. Aanklaers in Manhattan probeer om sy oorspronklike seksuele misdade in 2020 […]

Read More

Meatco se jaarvergadering vir 22 November neergelê - October 22, 2024

Meatco se jaarvergadering sal op Vrydag, 22 November op Otjiwarongo plaasvind. Dit kom na dit vir 16 Augustus neergelê maar is ter elfder uur onbepaald uitgestel sonder om enige redes te verskaf. Die uitvoerende hoof Mwilima Mushokabanji het in September aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat dit wel in November sou plaasvind. Die maatskappy het […]

Read More

Eskom weier uitstel op kragmeteropdaterings nie, 6,9 miljoen kort nog - October 22, 2024

Eskom het bekendgemaak daar sal geen uitstel wees van die spertyd vir gebruikers nie, waarvolgens van voorafbetaalde meters teen 24 November bygewerk moet wees. Ongeveer 6,9-mijoen meters moet herkodeer word tot sleutel-hersieningnommer twee sodat dit steeds elektrisiteitsbewyse sal aanvaar. Eskom het 97-persent van die meters vooraf gekodeer, wat die bywerkingsingsproses sal vergemaklik. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, […]

Read More