Bokke mik hoog vanaand in Santiago - September 21, 2024

Deurwinterde Springbok-ondersteuners deins glad nie daarvan terug om tot middernag wakker te bly om hulle helde te ondersteun nie wanneer hulle in die Rugbykampioenskap in Santiago teen Argentinië speel. Die wedstryd begin om 11-uur vanaand en ʼn plek in die rekordboeke is op die spel. Indien hulle wen, en dit word wyd en syd verwag, […]

Read More

Eerste groep landsburgers kom vanuit Botswana aan - September 21, 2024

Die eerste groep van 98 Namibiërs wat al dekades lank in Botswana woon is amptelik terug in die land. Die repatriasie is deur die ministeries van landbou en binnelandse sake hanteer. Die groep ontvang vyf hervestigingsplase in Omaheke, Hardap en Otjozondjupa en boorgate, watertenks en ander fasiliteite is reeds opgerig. Die groep is die nageslagte […]

Read More

Wes-Afrika ervaar ergste vloede sedert 1960’s - September 21, 2024

Stortreën regoor Sentraal- en Wes-Afrika het katastrofiese vloede ontketen met meer as 1 000 mense wat dood is en honderdduisende wat ontheem is. Tsjad, Nigerië, Mali en Niger loop deur en die VN sê meer as 4 miljoen mense is tot dusver vanjaar in Wes-Afrika deur vloede geraak, drie keer meer as verlede jaar. Wetenskaplikes […]

Read More

Kartelfaksies saai chaos in Mexiko se Sinaloa-staat - September 21, 2024

Sowat 53 mense is dood en 51 ander word vermis in Mexiko se westelike Sinaloa-staat sedert faksies van die Sinaloa-kartel op 9 September ‘n bende oorlog begin het. Die faksies het stry gekry na ‘n leier, Ismael ‘El Mayo’ Zambada, deur ‘n senior lid van ‘n ander faksie, Los Chapitos, na die VSA onder valse […]

Read More

Kok draf vanaand vir Ulster uit - September 21, 2024

Die Verenigde Rugbykampioenskap skop hierdie naweek af met ses wedstryde. In een van die wedstryde vanaand sal Ulster gasheer wees vir die Glasgow Warriors. Ulster het nou ‘n nuwe Suid-Afrikaner in hul midde in die persoon van Werner Kok. Die Sharks-vleuel en voormalige Wêreldrugby-sewesspeler van die Jaar het ‘n tweejaarkontrak met die Ierse span gesluit. […]

Read More

Voertuig-eienaars kla oor laat betaling na kiesersregistrasie - September 20, 2024

Sommige mense wie se voertuie tydens die Algemene Registrasie van Kiesers gebruik is, sê hulle is nog nie betaal nie. Hulle sê hulle het kontrakte gehad, maar baie min van hulle het hul betalings volgens die ooreenkoms ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Verkiesingskommissie van Namibië se woordvoerder, De Wet Siluka, wat verduidelik.

Read More

Outa loof uitlewering van Eskom-kontrakteur Michael Lomas - September 20, 2024

Outa het die uitlewering geloof van die voormalige Eskom-kontrakteur, Michael Lomas, wat gekoppel word aan die Kusile-bedrogsaak van 745-miljoen-Suid-Afrikaanse rand. Interpol het hom uitgelewer en hy sal saam met voormalige Eskom-bestuurders en ander beskuldigdes teregstaan. Lomas, wat in 2021 in Brittanje in hegtenis geneem is, is borgtog van 1,7-miljoen-rand en ‘n bykomende sekerheidsborg van 4,3-miljoen-rand […]

Read More

Israel vermoor Hezbollah-bevelvoerder in Beiroet - September 20, 2024

Israel het ‘n top-Hezbollah-bevelvoerder in ‘n lugaanval op Beiroet se suidelike voorstede doodgemaak, wat die jaar lange konflik tussen Israel en die Iran-gesteunde groep skerp eskaleer. Hezbollah se operasionele bevelvoerder Ibrahim Aqil, wat op die groep se top militêre liggaam dien, is saam met lede van Hezbollah se elite Radwan-eenheid vermoor terwyl hulle ‘n vergadering […]

Read More

Emirate klop Richelieu Eagles met 1 paaltjie - September 20, 2024

Die Verenigde Arabiese Emirate het die Richelieu Eagles met 1 paaltjie geklop met nog drie balle oor in die IKR Wêreldbeker-liga twee driehoekige reeks. Namibië het 313 lopies aangeteken in hul 50 kolfbeurte, met Michael van Lingen wat 107 in 85 balle aangeteken het. JP Kotze het 64 lopies gekry en Jan Nicol Loftie-Eaton 54. […]

Read More

Landbou belangrik vir werkskepping: !Gawaxab - September 20, 2024

Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het by die bank se jaarlikse simposium beklemtoon dat landbou ‘n belangrike aspek van werkskepping in die land bly. Hy het beklemtoon dis belangrik om die sektor te transformeer as ‘n kritieke strategie om ekonomiese groei te bevorder en produktiwiteit te verbeter. Dit sal ook honger […]

Read More