Zim-krag – dis nie as gevolg van skuld nie

Zimbabwe ondersoek volgens berigte nuwe kragvoorsieningsooreenkomste met Zambië, terwyl Eskom groot kragopwekkings-uitdagings ondervind. Zimbabwe het ‘n bestaande voorsieningsooreenkoms van 100-megawatt met Eskom, maar die toevoer is onderbroke. Kosmos 94.1 Nuus het met die buurland se ekonoom Eddie Cross gepraat oor of die onderbrekings deur die land se skuld aan Eskom veroorsaak word.