Navorsingsvaartuig doen by die Waterkant aan

Die Franse skoener, Tara, gaan vandag by die V-en-A Waterkant in Kaapstad vasmeer. Die vaartuig is op ‘n twee-jaar-lange navorsingsekspedisie met wetenskaplikes aan boord wat die rol van mikro-organismes in klimaatsverandering bestudeer. Die publiek sal toegelaat word om aan boord te gaan terwyl dit in die Kaapstadse hawe voor anker lê. Wetenskaplikes sal slypskole oor hul navorsing aanbied en verskeie kwessies rakende die oseane bespreek.