Zille het fopnuus versprei

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie in die buurland het bevind die federale voorsitter van die DA, Helen Zille, het waninligting oor die verkiesing versprei. Dit volg nadat die GOOD-party ‘n video wat Zille op haar sosiale media gedeel het, voorgelê het aan die waninligtings-waghond, Real411. Die party beweer die video is digitaal aangepas. In die video kan gehoor word hoe die GOOD-party se burgemeesterskandidaat vir die Drakenstein-munisipaliteit, Peter de Villiers, partyleier Patricia de Lille korrup noem. Die party se nasionale beleidsbeampte, Mark Rountree, het die OVK se bevindings verwelkom: