Nazi ‘moordenaar’, 96 jaar oud, word in jeughof verhoor

‘n Duitse vrou wat moet teregstaan weens gruwels in ‘n Nazi-konsentrasiekamp, is in hegtenis geneem nadat sy nie opgedaag het vir die begin van haar verhoor nie. Die 96-jarige Irmgard Furchner word beskuldig van medepligtigheid aan die moord op duisende gevangenes tydens die Tweede Wêreldoorlog, terwyl sy die sekretaresse van die Stutthof-kamp in Pole se SS-bevelvoerder was. Sy staan tereg op meer as 11 000 aanklagte van aandadigheid aan moord. Furchner word in ‘n jeughof in Itzehoe in die noorde van Duitsland verhoor omdat sy destyds onder 21 was.