Zelensky is bitter oor Navo se weiering

Terwyl Russiese ontploffings Oekraïne steeds skud, het die Noord Atlantiese Verdragsorganisasie die land se beroep vir ‘n vliegverbodsone van die hand gewys. ‘n Bitter president Volodymyr Zelensky het die stap skerp gekritiseer en sê dit gee die groen lig vir Rusland se bombarderingsveldtog. Navo het ná ‘n dringende vergadering van die alliansie van 30 lede in Brussel gesê om Oekraïne te help om sy lugruim te beskerm teen Russiese missiele en oorlogsvliegtuie, beteken die organisasie sal Russiese vliegtuie moet afskiet. So ‘n stap kan ‘n volskaalse oorlog in Europa tot gevolg hê, wat baie meer lande kan insluit.