Verskillende rekeningkunde lei tot geskil sê SA se padongelukkefonds

Die uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds in Suid-Afrika, Collins Letsoalo, sê die geskil tussen die fonds en die ouditeur-generaal berus bloot op rekeningkundige praktyke. Dit volg nadat die fonds glo sy rekeningkunde standaard verander het, wat volgens ouditeur-generaal Tsakani Maluleke veroorsaak het dat sy laste met sowat 300 miljard Suid-Afrikaanse rand onderskat is. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het vroeër ‘n dringende aansoek van die Padongelukkefonds geweier om die ouditeur-generaal te verhoed om ‘n verslag oor sy finansiële sake bekend te maak: