Graeme Smith se verhoor is Maandag

Die Suid-Afrikaanse beheerliggaam het bevestig sy direkteur van Krieket, Graeme Smith, sal Maandag in formele arbitrasie-verrigtinge verskyn. Krieket SA sê die verhoor is die resultaat van die voorsitter van Maatskaplike Geregtigheid en Nasiebou, Dumisa Ntsebeza, se voorlopige bevindings dat Smith en die Proteas se hoofafrigter, Mark Boucher, se aanstellings prosedureel gebrekkig was. Smith se aanstelling van Boucher met ‘n vier-jaar-kontrak en ander sake, hoofsaaklik in verband met ras en diskriminasie, is tydens die verhore ondersoek.