Zamza sê hy het nie opsetlik verbode middel geneem nie

Die Protea-kolwer Zubayr Hamza hou vol hy het nooit met opset ‘n verbode middel geneem nie. Hy is nege maande lank uit die spel geskors vir ‘n dwelmoortreding. Die Internasionale Krieketraad het bevind Hamza het in Januarie positief getoets vir die verbode middel Furosemide. Die 26-jarige speler se verbanning uit alle krieket-verwante aktiwiteite is terugdateer tot 22 Maart. Hy sal op 22 Desember weer kan begin speel. Vroeëre berigte het aangedui Hamza het per ongeluk sy pa se hartmedisyne gedrink.