China se trae ekonomiese groei kan Namibië beïnvloed

Die eens snel-groeiende Chinese eiendomsektor staar ‘n regstelling in die gesig, met die borrel wat kan bars. Dit beïnvloed beleggings en verbruikersvertroue, en vertraag ekonomiese groei. ‘n Ontleding van die Internasionale Monetêre Fonds wys dat die noue handelsbande tussen China en Afrika suid van die Sahara, ‘n beduidende afhanklikheid van groei in China tot gevolg het. Die direkte impak is die sterkste op beleggingsgedrewe kommoditeitsuitvoerders. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels, wat die moontlike impak van China se ekonomiese verlangsaming op Namibië uiteensit.