Kadetkonstabel in hof oor vervalste graad 12-sertifikaat

’n 28-jarige kadetkonstabel in die Namibiese Polisiemag in die Oshana-streek het op aanklagte van bedrog, vervalsing en kwytskelding in die hof verskyn. Hy is borgtog van 1 500 Namibiese dollar toegestaan. Oshana se hoof van gemeenskapspolisiëring, hoofinspekteur Thomas Aiyambo, sê Yule Thomas Nashidhiga is gearresteer ‘n paar dae voordat hy saam met meer as ‘n duisend ander kadette by die Oshakati Onafhanklikheidstadion sou gradueer. Nashidhiga het na bewering ‘n vervalste graad 12-sertifikaat ingedien toe hy verlede jaar suksesvol aansoek gedoen het vir ‘n pos in die mag. Dit is ontdek tydens die keurings- en verifikasieproses van die rekrute se kwalifikasies deur die onderwys-ministerie.