Twee kinders, 5 volwassenes op Werkersdag in Kaapstad doodgeskiet

Afsonderlike skietvoorvalle op Werkersdag in Kaapstad het gelei tot die dood van twee kinders en vyf volwassenes. Die kinders van onderskeidelik een- en agt-jaar oud was slagoffers van ‘n skietgeveg in Gugulethu, terwyl die volwassenes in ander gebiede doodgeskiet is, onder meer in Valhallapark, Kleinvlei, Harare en Bellville-Suid. Die verdagtes is nog op vrye voet en die gemeenskappe in skok en rou gedompel. Die polisie het ‘n beroep om die publiek gedoen om met inligting na vore te kom ten einde die skuldiges aan te keer.