Vredeskorps in terug in Namibië

Met die begin van die wêreldwye Covid-pandemie het 127 Amerikaanse Vredeskorps-vrywilligers in elke streek van Namibië diens gedoen. Toe Namibië sy grense gesluit het, het die vrywilligers na die Verenigde State teruggekeer. Die terugkeer van die eerste van die ontruimde vrywilligers is by die Amerikaanse ambassade in Windhoek gevier, en bykomende nuwe vrywilligers sal in Junie en Augustus arriveer. Vredeskorps-vrywilligers het in 1990 in Namibië begin werk. Sedertdien het meer as 1 800 Amerikaanse vrywilligers in verskeie sektore gewerk, insluitend onderwys, gesondheid en ekonomiese ontwikkeling. Vrywilligers woon en werk vir twee jaar in Namibiese gemeenskappe, waar hulle plaaslike tale aanleer en die Namibiese kultuur leer ken terwyl hulle werk.