Alles gereed vir eerste onbestrede swaargewigkampioen sedert 1999

Boks: Daar is groot opwinding in die bokswêreld vir die groot geveg tussen Oleksandr Usyk en Tyson Fury in Saoedi-Arabië op 18 Mei. Die eerste onbestrede swaargewigkampioen sedert Lennox Lewis in 1999 sal na die geveg gekroon word. Beide mans is onoorwonne beroepsboksers. Die 37-jarige Usyk van Oekraïne is die WBA-, IBF-, WBO- en IBO-swaargewigkampioen. Die 35-jarige Fury van Brittanje is die WBC-kampioen en loop soos altyd oor van selfvertroue.