Ysland ruil walvis eet, vir walvis kyk uit

Ysland beplan om walviskyk te bevorder as deel van sy plan om kommersiële walvisjag te beëindig. Die land is een van slegs ‘n handjievol nasies wat walvisse op handelsvlak jag, maar beplan om dié gebruik teen 2024 uit te faseer. ‘n Koalisie van plaaslike firmas wat walviskyk-geleenthede aanbied, wil die walvisjag-praktyk omkeer met die leuse: “Ontmoet ons, moenie ons eet nie.” Die Internasionale Fonds vir Dierewelsyn probeer kommersiële walvisjag stopsit sedert dit weer kop uitgesteek het.