Gebrekkige leierskap lei tot werkloosheid – Mashaba

ActionSA se president, Herman Mashaba, sê onder President Cyril Ramaphosa se leierskap gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie steeds gebuk onder uiters gebrekkige leierskap. Volgens statistiek wat gister bekend gemaak is, het werkloosheid in die land nuwe rekordhoogtes bereik met nóg 262 000 Suid-Afrikaners wat sonder werk sit. Die nuwe syfer is 35,3 persent. Mashaba sê dit is vir almal duidelik dat die ANC in 2024 uit die kussings gelig moet word as Suid-Afrika suksesvol wil wees: