Xenofobie in SA moet aangespreek word

Die Stigting vir Menseregte in Suid-Afrika vra die ANC-regering om op te tree om aanvalle op buitelandse burgers stop te sit. Die stigting sê Suid-Afrika word gereken as een van die mees ongelyke samelewings ter wêreld. Die direkteur Zaid Kimmie sê die land sit ook met rekord-hoë werkloosheidsyfers, hoë misdaadsyfers en ‘n onbestendige politieke situasie. Kimmie voeg by Suid-Afrika is berug vir vreemdelingehaat-aanvalle en migrante word reeds ‘n geruime tyd as sondebokke gebruik: