Nike vereer Serena Williams

Die 23-malige Grand Slam-kampioen, Serena Williams, se kinderdroom het waar geword met Nike wat ‘n gebou na haar vernoem het. Die Serena Williams-gebou is by die Nike Wêreldhoofkwartier in Beaverton, Oregon. Die gebou is die grootste op die Nike-kampus en sluit ‘n teater met 140 sitplekke in, wat na haar dogter Olympia vernoem is. Volgens Nike sal die maatskappy se ontwerp-, ondersoek- en produkverkoopspanne saam in die nuwe gebou werk.