Wildwagter pleeg selfmoord op Waterberg

‘n 33-jarige assistent-wildwagter by die Waterberg-platopark in die Otjozondjupa-streek het selfmoord gepleeg. Volgens hoofinspekteur Timotheus Gabriel het die man homself met ‘n jaggeweer geskiet. Hy was werksaam vir die omgewingsministerie. Geen vuilspel word vermoed nie. Die man se identiteit kan nie bekend gemaak word nie omdat sy naasbestaandes nog nie ingelig is nie. Die polisie voer ‘n geregtelike doodsondersoek uit.