Ekonoom reageer op N$12 miljard se buitelandse beleggings in ’22

Reaksie word ontvang oor voorspellings deur PSG Wealth Management dat daar vanjaar ongeveer 12 miljard Namibiese dollar in direkte buitelandse beleggings na die land sal vloei. Dit kom as gevolg van verhoogde beleggersvertroue en winsgewende geleenthede in die hernubare energiesektor. Dit sal ‘n toename wees van die 11,6 miljard dollar wat verlede jaar aangeteken is en baie beter vertoon as die minus 3,8 miljard dollar wat in 2020 aangeteken is. Jason Kasuto, uitvoerende hoof van Monasa Advisory and Associates, sê daar is verskeie faktore wat hiernatoe bydra.