Limpopo hou optog teen plaasmoorde

AfriForum het vandag deelgeneem aan ‘n optog in Limpopo om plaasmoorde te veroordeel. Die Distrikslandbou-unie het die betoging in Mokopane gereël. Dit volg nadat ‘n beskuldigde in die plaaslike Rondgaande Hof verskyn het op aanklag van die moord op ‘n boer van Roedtan, Nicky Janse van Rensburg, en huisroof. Ernst van Zyl van AfriForum sê deelnemers aan die optog het opgeruk na die dorp met plakkate en kruise en verklaar dat plaasmoorde moet stop: