WGO: Pandemie sal voortduur tot inentingskrisis opgelos is

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die Covid-19-pandemie sal voortduur tot die inentingskrisis opgelos is. Binne ‘n jaar is byna agt miljard inentings wêreldwyd toegedien, wat die grootste inentingsveldtog in die geskiedenis is. Lae-inkomste-lande waarvan die meeste in Afrika is, het slegs 0,6 persent van alle inentings ontvang. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Ghebreyesus, sê die ontdekking van die Omikron-variant met sy vele mutasies wys hoe gevaarlik en onseker die globale situasie is.