RedForce gaan hof toe oor Walvis-ooreenkoms

RedForce sal ‘n dringende aansoek in die Windhoekse hoërhof bring vir ‘n bevel om die beëindiging van sy kontrak om skuld in te vorder namens die van Walvisbaai-munisipaliteit om te keer. Dit kom in die nasleep van ‘n besluit deur Walvisbaai-dorpsraadslede om te onttrek van ‘n vyf-jaarkontrak met die skuldinvorderingsmaatskappy wat slegs sewe maande van krag was. Die besluit om die kontrak te beëindig is geneem ten spyte van waarskuwings deur die munisipaliteit van Walvisbaai se bestuur dat so ‘n stap ‘n onvolhoubare eskalasie van skuld sal meebring, wat weer ‘n impak op die plaaslike owerheid se inkomste sal hê. Inwoners het teen die aanstelling van RedForce betoog.