Botswana skrap strafwet wat homoseksualiteit verbied

Botswana se appèlhof het ‘n 2019-beslissing bekragtig wat gay seks gedekriminaliseer het, ‘n besluit wat deur gay gemeenskap gehuldig word as die vestiging van die Suider-Afrikaanse land as ‘n “ware demokrasie”. Die beslissing het in werklikheid twee afdelings van die strafwet wat homoseksualiteit verbied het, geskrap. Voor die uitspraak van die hooggeregshof in 2019, wat deur internasionale organisasies en aktiviste geprys is, was deelname aan gay seks in Botswana strafbaar met tot sewe jaar tronkstraf. Appèlhof-regterpresident Ian Kirby het gesê die kriminalisering van gay seks is ‘n oortreding van die grondwetlike regte van die LGBTQ-gemeenskap. Mama Africa, ‘n transgender vrou in Namibië, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sal ook in Namibië gedekriminaliseer word.