Handel konsulteer vandag in hoofstad

Handelsminister Lucia Iipumbu en haar ministeriële afvaardiging sal vandag ‘n openbare konsultasie by die binnelandse sake-ministerie se konferensiesaal hou. Dit sal op drie sleutelwetgewings en beleidsdokumente fokus om insette van alle belanghebbendes in die Khomas-streek te kry. Die handelsministerie se woordvoerder, Elijah Mukobonda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en verduidelik meer.