Pres. Hage Geingob veroordeel reisverbod 

Namibiese President Hage Geingob sê die reisverbod wat ontwikkelde lande op Namibië en Suider-Afrikaanse lande geplaas het, het die potensiaal om spanning tussen lande te veroorsaak. Hy sê die Omikron-variant is nog nie in Namibië opgespoor nie, maar die land word onnodig gestraf. Geingob veroordeel die reisverbod en doen ‘n beroep op lande vir vooruitstrewende en inklusiewe leierskap.